fbpx
NIEMAND ANDERS van Juani M

NIEMAND ANDERS van Juani M

Juani M is ‘n nuwe onafhanklike kunstenaar wat in Junie haar debuutalbum, Niemand Anders, bekend gestel het. Dié kontemporêre album het 12 snitte uit verskeie genres, onder andere pop, rock en country wat haar veelsydigheid bewys.

Sy beskryf haar eerste solo-enkelsnit, NIEMAND ANDERS, as ‘n country-popsnit met ‘n rock-ondertoon en dit pas perfek by haar unieke stem, wat spesifiek vir hierdie genre bedoel is. Dit was die eerste vrystelling vanaf haar debuut-album met dieselfde naam, waarmee sy reeds die harte van Suid-Afrika verower.

Haar eerste solo-album handel grotendeels oor liefde en die verskillende keuses wat daarrondom gemaak moet word, en dit wissel tussen opgewekte lekkerluisterdeuntjies en dieper hartsmusiek. “Dit is nie sommer net ‘n gewone Afrikaanse popalbum nie, maar my storie in musiek. Al die liedjies het emosionele diepte en ‘n spesiale betekenis. Dis eerlik en gaan oor regte dinge wat in my of iemand wat ek ken se lewe gebeur het”, sê die sangeres.

Die besigheidsvrou, ma, vrou en musikant van Parys af het van jongs af reeds geweet wat sy wou doen. “Ek wou net sing. Ek het shows gehou vir my ouers van kleins af”. Hier staan sy nou op die drempel van haar droom en moedig ander nuwelinge aan om ook hul drome na te jaag. “Aanhouer wen. ‘Niemand Anders’ gaan dit vir jou doen nie …” 

Luister na haar album op YouTube

Die album is beskikbaar op alle platforms: Itunes , Deezer, Google Play, Joox ens

Besprekings:  [email protected]
Webblad: www.jaunim.co.za

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Twitter, Instagram, YouTube

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui