Vergewe my as ek – Gerduan Kemp se debuut enkelsnit vandag vrygestel.

Vergewe my as ek – Gerduan Kemp se debuut enkelsnit vandag vrygestel.

Vandag wil Gerduan Kemp vir jou sê dat jy ook genade vir jouself moet hê met sy debuut enkelsnit, “Vergewe my as ek”.

Die veelsydige man van Bloemfontein is trots daarop om vandag sy eerste oorspronklike lied daarbuite te sit.

Die lied is geskryf deur Gerduan en Petrus van Wyk (ook bekend as Peter Cleff).

Die lied se lirieke spreek boekdele van hoe ons elk met onsself omgaan – maar ook hoe jy ook jouself moet leer vergewe. 

“Ek het besef dat mens altyd na jou naaste moet uitreik indien jy agterkom dat hulle deur ʼn moeilike tyd gaan, maar uit ondervinding weet ek dat ʼn mens ook tyd vir jouself nodig het om jou kop skoon te kry.”,is wat Gerduan oor die lied te sê het.

Wat Gerduan se produk laat uistaan is die feit dat jy die kunstenaar se hand daarin kan sien.  Die vervaardiging van die lied en opname is deur Gerduan self gedoen.  Hy is ook verantwoordelik vir die redigering van die musiekvideo.

Die lied is ook beskikbaar op alle digitale platforms.

Volg vir Gerduan Kemp op sosialemedia:

FacebookInstagram en YouTube

Vir besprekings:

Gerduan Kemp

Epos: [email protected]

Leave a Reply