fbpx
Gerduan Kemp se debuut enkelsnit is binnekort hier!

Gerduan Kemp se debuut enkelsnit is binnekort hier!

Sit reg en maak gereed, want oor net 10 dae van nou reik Gerduan Kemp sy debuut enkelsnit uit.  Die is een wat jy nie wil misloop nie.

Die lied is geskryf deur homself tesame met Petrus van Wyk, ook beter bekend as Peter Cleff. 

Die lied spreek selfvergifnis aan en moedig die luisteraar aan om meer genadig teenoor hom-/haarself te wees.  Almal maak `n fout maar hoe vergewe jy jouself?

“Ek het besef dat mens altyd na jou naaste moet uitreik indien jy agterkom dat hulle deur ʼn moeilike tyd gaan, maar uit ondervinding weet ek dat ʼn mens ook tyd vir jouself nodig het om jou kop skoon te kry.”,is wat Gerduan oor die lied te sê het.

Die musiekvideo vir die lied word ook op 3 Julie 2019 vrygestel op YouTube.  (Hou Plectrum se Facebookblad dop vir meer inligting.)  Die lied sal ook op digitale platforms beskikbaar wees.

Wat Gerduan se produk laat uistaan is die feit dat jy die kunstenaar se hand daarin kan sien.  Die vervaardiging van die lied en opname is deur Gerduan self gedoen.  Hy is ook verantwoordelik vir die redigering van die musiekvideo.

Die veelsydige man van Bloemfontein hou homself voltyds besig met sy produksiemaatskappy en musiek.  Alhoewel hy eers tyd spandeer het aan Joernalistiek en Mediastudies het sy liefde vir skryf en melodieë hom teruglei na musiek.

Gerduan is ʼn kranige kitaarspeler en het ook homself touwys gemaak op die klavier. 

Hy is gedurig besig om met verskillende style te eksperimenteer wanneer hy “covers” van ander kunstenaars doen. 

Vra jy hom oor sy skryfstyl noem hy dat hy inspirasie trek van kunstenaars soos Elandré en Joshua na die reën. “Lirieke dra vir my baie gewig in ʼn song.”

Hierdie is maar net die begin vir die jongman en ons hou sy loopbaan met groot belangstelling dop.

Volg vir Gerduan Kemp op sosialemedia:

Facebook, Instagram en YouTube

Vir besprekings:

Gerduan Kemp

Epos: [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui