fbpx
Corné Louw se eerste enkelsnit beïndruk met ‘n vars modern country-pop-aanslag!

Corné Louw se eerste enkelsnit beïndruk met ‘n vars modern country-pop-aanslag!

Corné Louw is nie iemand wat musiek op die gewone manier aanpak nie. Sy eerste enkelsnit en ook die titelsnit van sy komende album, DATE NIGHT, is nie net ’n bewys hiervan nie, maar verklap ook meer van wat luisteraars van hierdie moderne kunstenaar, met sy strelende storievertellerstem, kan verwag.

DATE NIGHT is ’n vars en moderne Country-Popsnit wat lekker is om na te luister en jou voete onwillekeurig sal laat jeuk om op die dansvloer uit te kom. Die liedjie, wat deur Corné, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner geskryf is, sal aanklank vind by enigiemand wat in ’n verhouding is en wil paartjies herinner om vir mekaar tyd te maak in vandag se gejaagde lewe. “Aan die begin van ’n verhouding word daar baie beloftes gemaak, maar dan gebeur die lewe en is daar verantwoordelikhede wat nagekom moet word. Dit is dan so maklik om verby mekaar te begin leef,” verklap dié liedjieskrywer en musikant oor die boodskap agter sy eerste enkelsnitvrystelling. “Die enkelsnit beteken vir my baie, want dit het met my en my vrou gebeur vandat ons twee wonderwerkies gebore is. ’n Tweeling hou ons heeltemal weg van die dinge wat ons as ’n paartjie altyd saam gedoen het. Maar ons verruil hulle vir niks!”

Die musiekvideo vir hierdie liedjie word op 4 Julie 2019 bekendgestel.

DATE NIGHT is ook die titel van sy debuut-album wat binnekort vrygestel sal word en hy het juis die naam so gekies omdat dit ’n konsep is wat gereeld gebruik word.

Corné woon in Langebaan in die Weskus en het die kuns bemeester om gehore in die palm van sy hand te hou met sy veelsydigheid en hartlike verhoogpersoonlikheid. Hy kom uit ’n familie vol musikante en glo dat musiek deur sy are vloei. Hy en sy pa speel nou nog so af en toe saam kitaar.

Sy ouerhuis was altyd vol musiek, veral Amerikaanse Country-snitte, en dit is waar sy liefde en passie daarvoor gebore is. Alhoewel hy homself leer kitaar speel het, met die hulp van sy tannie, en hy deel was van die Supernovas, het hy eers saam met sy pa ’n besigheid begin voordat sy solo-musiekloopbaan, wat in 2004 afgeskop het, amptelik vlam gevat het.

Sedertdien het hy al by verskeie feeste, waaronder die KKNK en Robertson’s Wacky Wine Festival, plekke soos Route 66 en Ocean Basket en funksies opgetree en sien hy daarna uit om deur die land te toer en sy musiek aan nog nuwe luisteraars bekend te stel.

Corné Louw glo, net soos George Jones, in eerlike musiek en dat musikante getrou moet wees aan hulleself, omdat aanhangers dit dan meer waardeer. Die vars en moderne benadering en inspirerende vertolking van DATE NIGHT en sy unieke stem, is die perfekte pasmaats en gaan beslis waardeer word!

Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar:

Spotify:

https://open.spotify.com/track/0C6LFrS1PmnwA7VCT1PqcS?si=KLxwFbiKT-yDfmj-QTjs5g

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram
Webblad: www.cornelouw.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui