Claire Hopkins se GO GETTEM GIRL kry musiekvideo

Claire Hopkins se GO GETTEM GIRL kry musiekvideo

Claire Hopkins het pas haar enkelsnit, GO GETTEM GIRL vrygestel en nou is die musiekvideo van die snit ook aanlyn beskikbaar!

GO GETTEM GIRL is ’n country-pop-snit wat reflekteer op die hartverskeurende realiteite waarmee ons tans in die land gekonfronteer word, en die kunstenaar glo dat dit sal aanklank vind by ’n wye gehoor.  

“Enige verandering in die lewe, hetsy positief of negatief, het sy voor- en nadele. Nie net vir die persoon wat die besluit neem nie, maar ook vir hul naastes. Ek mis my vriende en familie vreeslik baie,” vertel Claire.

Die musiekvideo handel oor ’n meisie wat besluit om te emigreer en die verloop van die proses tot sy moet afskeid neem. Die video is in geskiet op ‘n plaas in Bapsontein en is deur Inkglas vervaardig.

Hierdie jong kunstenaar se nuutste vrystelling is haar tweede oorspronklike en vierde algehele enkelsnit – dit volg in die voetspore van Keeper, wat einde 2021 uitgereik is en bo-aan die trefferleer van verskeie groot radiostasies gekuier het.  

Claire spog met ’n Onderwysdiploma, twee honneursgrade (Opvoedkundige Sielkunde en Remediërende Terapie) en ’n meestersgraad (Opvoedkundige Sielkunde).

Sy werk tans as ’n sielkundige in die Kaap, waar sy nog besig is om haar voete te vind, maar is vasberade om haar droom om ’n bekende musikant te word te verwesenlik.

GO GETTEM GIRL is ’n emosionele liedjie wat met die hart praat en gaan beslis help om hierdie veelsydige talent verder te vestig in die musiekbedryf!  

Die liedjie is nou beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram, YouTube, TikTok