Corné Louw stel musiekvideo vir Date Night bekend!

Corné Louw stel musiekvideo vir Date Night bekend!

Dié liedjie, wat deur Corné, Hugo Ludik en Vaughan Gardiner geskryf is, sal aanklank vind by enigiemand wat in ’n verhouding is, en wil paartjies herinner om vir mekaar tyd te maak in vandag se gejaagde lewe.

“Aan die begin van ’n verhouding word daar baie beloftes gemaak, maar dan gebeur die lewe en is daar verantwoordelikhede wat nagekom moet word. Dit is dan so maklik om verby mekaar te begin leef,” verklap dié liedjieskrywer en musikant oor die boodskap agter sy eerste enkelsnitvrystelling.

“Die enkelsnit beteken vir my baie, want dít het met my en my vrou gebeur vandat ons twee wonderwerkies gebore is. ’n Tweeling hou ons heeltemal weg van die dinge wat ons as ’n paartjie altyd saam gedoen het. Maar ons verruil hulle vir niks!”

DATE NIGHT is gedurende Junie 2019 aan radiostasies landswyd uitgereik en speel reeds die klankgolwe aan die brand. 

Die musiekvideo, wat by Fathom Media/ KeyArt Services se ateljee en by perdestalle in Honeydew verfilm is deur Jay Loots en die span van Fathom Media/ KeyArt, dra die boodskap dat ’n mens altyd moet tyd maak om mekaar spesiaal te laat voel. “Die storie handel oor my wat besef dat ons ’n date night nodig het, en soos wat ek die liedjie skryf, dink ek aan die perfekte afspraak saam met my geliefde,” verklap Corné.

DATE NIGHT is ook die titel van sy debuut-album wat binnekort vrygestel sal word en hy het juis die naam so gekies omdat dit ’n konsep is wat gereeld gebruik word.

Corné woon op Langebaan in die Weskus en het die kuns bemeester om gehore in die palm van sy hand te hou met sy veelsydigheid en hartlike verhoogpersoonlikheid. Hy kom uit ’n familie vol musikante en glo dat musiek deur sy are vloei. Hy en sy pa speel nou nog so af en toe saam kitaar.

Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar:

Spotify:

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook, Instagram

Webblad: www.cornelouw.co.za

PUBLISITEIT & BEMARKING

Starburst Promosies
Alishia van Deventer
Sel: 083 635 4717
E-pos: [email protected]
Webblad: www.starburstmusic.co.za

Leave a Reply