Georgetown – sit nader, jy wil hulle hoor!

Georgetown – sit nader, jy wil hulle hoor!

Georgetown (Foto: Verskaf)

Nou kyk, as jy nog nie weet van “Bluebilly Folk Pop” nie, is dit verseker omdat jy nog nie van Georgetown gehoor het nie.  Nie net sal jy verliefraak op die groep nie, maar jy sal ook nooit weer dieselfde na musiek kan luister nie.

Georgetown is gestig in Februarie 2014 en het reeds hul stories en musiek op verhoë en in teaters regoor die land gedeel. 

Dié groep van Pretoria bestaan uit lede: Michael de Villiers, Renaldo van Dyk, Rynier Prins en Tiaan Erasmus. 

Wat die groep onderskei van talle is die versameling instrumente en die kreatiewe aanwending hiervan. Hierdie lys sluit in: `n akoestiese kitaar, klavier, kontrabas, mandolien, clarinet, mondfluitjie, saksofoon, wasbord en selfs `n 1935 koffer.

Met hul talentvolle musikante vertolk hul die “classics” in hul unieke “Folk” styl wat `n gehoor vir ure aaneen kan vermaak.

Georgetown se eerste kortspeler (EP), “Banana Jack” is vrygestel in 2016.  In 2018 het stel hul `n vollengte album vry getiteld, “The Dog Show”.  In 2019 word hierdie album vir `n SAMA benoem in die kategorie “Best Adult Contemporary Album”.

Georgetown se musiek is op talle digitale platforms beskikbaar. 

Maak seker jy gaan volg hulle op sosialemedia:

Facebook, Twitter en Instagram

Besoek ook gerus hulle webblad vir besprekings en verdere inligting:

https://www.georgetown.co.za/

Leave a Reply