fbpx
Georgetown & The Moonies stel enkelsnit vry

Georgetown & The Moonies stel enkelsnit vry

Die Sama-genomineerde groep, Georgetown, span kragte saam met The Moonies vir hul nuutste enkelsnit. THE SHAM is geskryf en saamgestel deur Georgetown en is ’n unieke samesmelting van Afrika en “southern folk” met ’n onmiskenbare Suid-Afrikaanse klank as kern van die musiek.

The Moonies is ’n flambojante, opkomende instrumentele groep van Newtown in Amerika. Die kombinasie met Georgetown se folk-inslag gekomplimenteer deur plaaslike invloed, is ’n wenresep, ’n musikale fees met die verskeie musiekinstrumente wat gebruik word.

THE SHAM is die toonbeeld van ’n lighartige oplossing wanneer mens te make kry met verskillende opinies in kultuur, persoonlike verskille of opiniegebaseerde verskille.

Georgetown Band is ’n multi-instrumentele groep en beskryf hulle klank as “Blue-Billy-Folk-Pop”. Die viermanskap is gevorm in 2014 en besit musiektalent uniek en ongekend in Suid-Afrika, maar hulle steel ook harte regoor die wêreld met hulle musiek.

Hul veelsydigheid met musiekinstrumente is indrukwekkend. Ronnie sing en speel kitaar en hanteer die perkussie. T-Bone sing en speel kitaar. Hy is ook behendig op die mandolien. Poekie sing, speel klavier en die ukelele, terwyl Prins Rynier die kontrabas bespeel.

Vir besprekings, kontak Michael de Villiers: [email protected] of 082 924 0818

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Twitter, Instagram

Webblad: www.georgetown.co.za