fbpx
GnT – ’n Tonic vir die oor

GnT – ’n Tonic vir die oor

Die sangduo bestaande uit se stemme pas so mooi by mekaar soos Gin en Tonic. Dit is ook die voorletters van hul name (Gino Prinsloo en Thys Beukes) en daaruit het die groep se naam ontstaan.  

Hul liefde vir musiek en einste stemkombinasie het hulle dieselfde aand wat hulle ontmoet het, laat besluit om saam te begin optree.

Gino kom uit die klankbedryf en Thys uit die DJ-bedryf wat hulle ’n gedugte span op die verhoog maak. Die twee Kimberliete het albei hul liefde vir musiek van hul pa’s geërf en reeds op ’n vroeë ouderdom afsonderlik kennis gemaak met die musiekindustrie.

Reeds op hoërskool het Gino met sy talente gewoeker en in verskillende groepe gespeel. Thys het sy werk as DJ verruil om self agter die mikrofoon in te skuif en te begin sing.

Hy is egter ook gemaklik met ’n ritmiese kitaar in die hand en speel digitale perkussie tydens optredes. Gino is ’n dromspeler van formaat is en speel ook die kitaar en baskitaar.

GnT het reeds hul eerste CD, Kom Kuier Saam uitgereik. Dit bied iets vir oud en jonk. Die manne werk tans aan hul tweede album met oorspronklike Afrikaanse musiek wat binnekort vrygestel gaan word.

Hulle sing oorspronklike, moderne Afrikaanse musiek maar cover ook graag verwerkings van ander kunstenaars wat hulle inspireer soos Neil Diamond, CCR, Steve Hofmeyer, Theuns Jordaan, Queen en Rod Stewart.

Gino en Thys werk voltyds terwyl hulle in hul vrye tyd hard werk aan die skryf van musiek, optredes, stemopnames en oefeninge. Behalwe vir hul eie musiek, is die duo ook deel van ’n groep wat ’n Bob Dylan herdenking (tribute) aanbied.

Saam met dieselfde groep kunstenaars doen hulle ook ’n opvoering van ou Springbok trefferparade liedjies saam met Sharleen Surtie Richards.

Sukses word slegs deur harde werk bereik, vertel albei. Hulle raad aan opkomende kunstenaars vertel hul eie storie: “Bly met die tyd, bly nuwe idees in musiek uitdink, bly oorspronklik. Die Afrikaanse musiekbedryf is oorvloed met gemiddelde kunstenaars, so jy moet iets doen wat bo die ander uitstaan.

Hul musiek is beskikbaar op iTunes, Google Play en YouTube.

Besprekings:

Lydia Winchester (0825548453)
Annemarie Delport (0824998279)
Gino self (0742575614)

E-posadres: [email protected]

Sosiale media:
Facebook

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui