fbpx
Lee Scott stel indrukwekkende musiekvideo vir nuwe enkelsnit bekend!

Lee Scott stel indrukwekkende musiekvideo vir nuwe enkelsnit bekend!

Die supertalentvolle Lee Scott het gedurende die eerste week van September sy splinternuwe enkelsnit, getiteld VRY, bekendgestel en die terugvoer vanaf aanhangers, die publiek en radiostasies landswyd is oorweldigend positief!

Foto: Willem Botha

Die musiekvideo vir hierdie inspirerende popsnit met ’n lekkerluisterritme is ook pas vrygestel en dit is om die minste te sê, indrukwekkend!

Die Krugersdorpmynhope en 012 Central dien as agtergrond vir dié produksie deur regisseur en vervaardiger Christian Wolf, en sy talentvolle span.

Die bekoring daarvan lê in die doelbewuste eenvoud waarmee dit aangepak is om die boodskap van die lied nog sterker oor te dra. “Die musiekvideo het nie noodwendig ’n storielyn nie en gaan eintlik net oor ek wat dans in ’n lewensgrote kubus wat uit LED-ligte saamgestel is.

Die kubus verteenwoordig dit wat jou as mens terughou om net te leef of om ’n goeie tyd te hê,” verklap hy. “Ek was wel skepties gewees oor die dansery. So ek het onmiddellik my goeie vriend, Harold van Buuren (hoofbeoordelaar van So You Think You Can Dance), gebel om my te help met die choreografie en ons het letterlik die volgende dag begin oefen.”

VRY bou voort op die sukses van die kenmerkende musiekstyl waarvoor Lee Scott bekendheid verwerf het. Die lied bevat die perfekte kombinasie van goedvoellirieke en ’n aanloklike deuntjie, wat sy stem nie net op sy beste laat vertoon nie, maar luisteraars ook uitnooi om die lewe te geniet.

Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms hier beskikbaar:  

https://lnk.to/LeeScottVRY

Volg Lee Scott hier op sosialemedia:

Facebook, Twitter, Instagram,YouTube

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui