fbpx
Por die Springbokke aan saam met Leon Schuster tydens RWC2019

Por die Springbokke aan saam met Leon Schuster tydens RWC2019

Bring die Bokke!
prrr aijaijaijaijaijaijai
Daar kom die ref nou!
Voetsek, voetsek.
Bring vir my die BOK!

As jy nie so pas saamgesing het nie, het jy vir seker die 1995 Rugbywêreldbekertoernooi heeltemal misgeloop. Selfs al is jy nie ‘n rugbyaanhanger nie, is dit feitlik onmoontlik om nie HIE’ KOMMIE BOKKE van Leon Schuster te ken nie.

Leon Schuster verskaf al oor die jare heen groot genot aan sy aanhangers met poetse, films en ook sy tong-in-die-kies musiek.

Hy het onder andere ‘n groot naam gemaak tydens die 1995 RWC met sy album HIE’ KOMMIE BOKKE.

En nou, in 2019, is hy terug met ‘n nuwe lied wat beloof om gou ook plek in te neem langs dié ikoniese liedere.

HEY BOKKE! is die nuwe enkelsnit waarmee Leon Schuster die Springbokke sterkte toesing vir die rugbywêreldbekertoernooi wat op 20 September 2019 in Japan afskop.

Luister hier onder na ‘n lusmaker en hou jou radio aangeskakel om na die volle lied te luister.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui