Taye Brink stel nuwe musiekvideo bekend!

Taye Brink stel nuwe musiekvideo bekend!

Die talentvolle en pragtige Taye Brink van Boksburg het onlangs die musiekvideo vir haar tweede Afrikaanse enkelsnit, OOR DIT, bekendgestel. 

Die musiekvideo, wat deur JT Ferreira in Centurion en Krugersdorp verfilm en vervaardig is, handel oor haar as sangeres wat dit probeer “maak” in die musiekbedryf, maar die “vervaardiger” dink sy is maar net nog ‘n sangeres wat sy tyd mors. 

“Die afgelope paar jaar het ek baie getwyfel in myself as mens. Waar ek inpas in die samelewing. Is ek goed genoeg om my stem te gebruik deur my musiek om my boodskap daarbuite uit te stuur. 

Die video kan in soveel maniere ge-interpreteer word. Maar my groot doel met die video is om die boodskap oor te dra om net jouself te wees.  The best version of you en glo in jouself want jy is dit werd,” vertel Taye.

Taye het al talle hoogtepunte in die musiekbedryf gedurende die afgelope nege jaar behaal.  Sy het al skouers geskuur met internasionale kenners en agente soos Kim Myers van die ARTS EXPO, Tashia Stafford van Icon Studio’s Atlanta en Nate Butler van America’s Got Talent en tree gereeld by plaaslike feeste en geleenthede in Suid-Afrika op.

Sy het groot bewondering vir moderne Country- en Pop-kunstenaars soos Taylor Swift en Carrie Underwood maar is glad nie een is vir frilletjies en fieterjasies nie.  Sy is mal is oor visvang en diere. In haar vrye tyd skilder sy en werk aan musiek.


Leave a Reply