fbpx
1st Fridays deur 2nd Life School of Music is iets om te besoek.

1st Fridays deur 2nd Life School of Music is iets om te besoek.

First Fridays Supper club word elke eerste Vrydag van die maand by die bekende Monte de Dios in Pretoria aangebied in samewerking met EPH, The Marketing Zoo, EE factory en 2ndLife School of Music.

Die idee het ontstaan uit behoefte om iets nuut en vars aan die publiek te lewer in die vorm van n Gourmet ete en nuwe klanke van opkomende kunstenaars. First Fridays Supper club is presies wat die woorde sê: ‘n Club vir mense wat goeie kos en musiek waardeer

Monte de Dios is ‘n 5-ster trou, konferensie en vermaaklikheids venue met die pragtige betekenis van ‘Mountain of God’ in Spaans.

Geleë in die Ooste van Pretoria teen ‘n koppie wat jou en die gesin sommer sal wegneem van realiteit en laat voel of julle vakansie hou in ‘n luukse Spaanse dorpie. Wat is beter as gourmet kos, lekker vermaak en ‘n rustige atmosfeer?

2ndLife school of Music is geleë in Garsfontein Pretoria, en word geken as die musiekskool wat studente geleenthede skep om voor n gehoor op te tree.

Passievol om elkeen van hul 200 studente n liefde vir musiek te leer en n kultuur te skep van goeie kwaliteit musiek. Studente word nie net geleer om een instrument te beoefen nie maar hulle talente optimaal uit te leef.

Leiding vir skryf van musiek word ook aan die studente gebied. Tydens die laaste “First Fridays Supper club” het die volgende studente hulle talente kom wys.

Nina – Slegs 14 jaar oud maar n stem wat mense laat regop sit. Na slegs een jaar van lesse neem het sy die gehoor bekoor met “Dancing on my own” van Callum Scott. Haar gevoelvolle sterk stem gaan nog groot hoogtes bereik.
Nika – 12 jaar oud en sing soos n engel.

Nika kan haarself ook begelei op kitaar en Ukulele. Nika neem reeds 3 jaar les en is beslis n meisie wat die industie kan dophou. Tydens die funksie het sy mense in trane gehad met haar weergawe van DANS van Riana Nel.

Lize-Marie – 16 jaar oud wat reeds vanaf 7 jaar kitaar speel en sing. Met Lize-Marie se weergawe van GROEN TRUI wys sy die gehoor haar unieke alternatiewe klanke. Lize-Mari beoog om volgende jaar haar eerste enkelsnit vry te stel aan die publiek.

Marchant- is nie net een van Suid Afrika se top sangers nie maar ook n onderwyser by 2ndLife school of music. Marchant het n sterk musikale teater agtergrond. Sy stem raak enige iemand se hartsnare.

Marchant skryf ook sy eie liedjies en n kranige kitaar, klavier en trom speler. Marchant het baie energie gewys met sy weergawe van George Ezra se SHOTGUN.

2ndLife Drumline – Ouderdomme tussen 9 en 16 het lekker saam met THEY DON’T REALLY CARE ABOUT US van Michael Jackson die partytjie goed aan die gang gekry.

Kirsten Richard was die hoof kunstenaar vir die aand. Kirsten het sopas sy eerste enkelsnit op radio en tv vrygestel, genaamd “Mia”. Kirsten tree reeds by verskeie feeste en restaurante op. Sedert die ouderdom van 7 jaar speel Kirsten kitaar en sing. Kirsten speel ook graag klavier en tromme.

Kirsten is tans ‘n Bcom Rek-student aan Tuks, Musiekhoof by #DieKerk en Onderwyser by 2ndLife School of Music. As 19 jarige betree Kirsten die musiek wêreld met sy enkelsnit MIA en begin volgende jaar stel hy nog enkelsnitte vry. Sy musiek is op alle digitale platvorms beskikbaar. Kirsten kan ook gevolg word op sosiale media @KirstenRichard

First Fridays Supper club is beslis n aand vir oud en jonk! Die volgende gebeur 4 Oktober en hierdie keer doen die organiseerders dit bietjie anders. Dit sal in die vorm van ‘n nag-mark wees met lekker kos stalletjies en natuurlik vermaak van die 2ndLife School of music studente.

KONTAKBESONDERHEDE

Liezel Boonzaaier
[email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui