fbpx
PACISA, ‘n geleentheid om drome waar te maak met langtermyn ondersteuning

PACISA, ‘n geleentheid om drome waar te maak met langtermyn ondersteuning

PACISA (Performing Arts Community in South Africa) is die brein-baba van Roelof Bouwer en Adri Mocke. Hulle het onderskeidelik meer as 15 jaar ondervinding in die Suid-Afrikaanse kunste-industrie en het kragte saam met menigte kenners gesmelt om saam ‘n verskil te maak…

Volgens Mocke fokus die meeste kompetisies nie in die langtermyn op die bevordering van die deelnemers en die wenners nie; en dit is waar PACISA anders wil wees.

PACISA se pryse is so saamgestel dat dit die wenners gaan help om te groei as kunstenaars en om hul plek te vind in Suid Afrika se kunste-industrie. Almal betrokke is baie opgewonde oor die “Masterclass” Werkswinkels deur professionele mense in die industrie wat Woensdag 25 September van 10:00 aangebied gaan word.

“Ek dink die Masterclasses is die grootste waarde wat die deelnemers kan kry op ‘n platform soos hierdie,” sê Bouwer. “Ek wens ek kon kenners hoor praat oor bemarking, oudisies en wat dit beteken om vir jouself te werk in die industrie, toe ek begin het.

Dit sou my soveel beter besluite help neem het oor die jare.” voeg Bouwer by. Die werkswinkels is oop vir enigiemand wat meer inligting nodig het in die kunste-industrie, en nie net vir deelnemers van PACISA nie.

PACISA is trots om die volgende maatskapye as borge aan boord te hê:

The Marketing Zoo, Campus of performing arts (COPA), Performing Arts Lifestyle Institute (PALI), In Tune Productions, Treo Music en Rockwood Theatre.

PACISA kies elke jaar ‘n spesifieke deelnemer wat hulle finansieel help om by die Nasionale Rondte te kan optree. “Daar is soveel kunstenaars, veral in minder bevoorregte areas, wat nooit die geleentheid kry om hulle talente tot hulle volle reg uit te leef nie.

As ons ‘n verskil in een mens se lewe kan maak elke jaar sal ons voel dat PACISA ‘n sukses is.” Vertel Mocke.

Beoordelaars
Lize-Marié Naudé se foto.
Lize-Marié Naudé

Hierdie jaar is Lize-Marie Naude daardie geleentheid aangebied. Lize-Mare sê dat sy so dankbaar is vir die ongelooflike ondersteuning van PACISA. “Ek het ingeskryf vir PACISA met die idee om te wen, nie om te spog nie – maar wel om mense te probeer help wat deur moeilike tye gaan deur middel van my musiek.

Ek weet dat God my geroep het om op te tree.” Sy voel die borgskap van PACISA is ‘n gebed wat beantwoord is om God se naam hoog te hou.

PACISA se eerste Nasionale Rondte vind plaas by Midstream Ridge Primary van 23 – 26 September 2019 en beloof om drome waar te maak.

Besoek www.pacisa.co.za gerus vir meer inligting.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui