fbpx
Len Muller en Stella eersdaags in Pretoria te sien vir eksklusiewe optrede!

Len Muller en Stella eersdaags in Pretoria te sien vir eksklusiewe optrede!

Die uiters talentvolle Len Muller en Stella, is eersdaags in Pretoria te sien vir ‘n eksklusiewe akoestiese optrede – ‘n aand vol mooi, akoestiese, siels-klanke in Afrikaans.

Len en Stella is al meer as 10-jaar vriende en het uiteindelik besluit om kragte saam te span vir ’n lekker akoestiese vertoning vol stories van hoop en lewe.

Albei is gesoute musikante en liedjieskrywers met jare se ondervinding in die bedryf en bekend vir die eerlike manier waarop hulle hul musiek weergee. Dit is twee strelende stemme wat jou gemoed verseker sal verfris en jou sal laat ontspan.

Die vertoning vind plaas op Woensdag 25 September 2019 by Café Barcelona in Colbyn, Pretoria. Kaartjies is beskikbaar by [email protected] of kontak 012-4302495.

Moet dit nie misloop nie!

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui