fbpx
Niemand anders as Jauni M

Niemand anders as Jauni M

Wanneer Jauni M nie sing nie, bestuur sy en haar vriedin ʼn winkel – Fish2Feet. 

Jauni M woon in Parys in die Vrystaat saam met haar man en dogtertjie. Haar liefde vir sing is reeds op ’n jong ouderdom gebore en sy was van kleins af mal daaroor om haar huismense te vermaak met liedjies.

Sy is ’n avontuurlustige mens, met ’n waaghalsige streek en voorliefde vir aktiwiteite wat haar hart vinniger laat klop. Die brunet is al vir tien jaar doenig in die musiekbedryf en het al die voorreg gehad om saam met groot name te werk, soos Ruhan du Toit van Touch of Class.

Hierdie veelsydig en talentvolle dame van die platteland beïndruk behoorlik met haar album NIEMAND ANDERS.

Die album is reeds op 7 Junie 2019 vrygestel en spog met dertien snitte.  Die album dek ʼn wye spektrum van musiek wat alles insluit van lekkerluisterliedjies tot hartsmusiek.

“Hierdie is nie sommer net ’n gewone Afrikaanse popalbum nie, maar my storie in musiek. Al die liedjies het emosionele diepte en ’n spesiale betekenis. Die musiek is eerlik en gaan oor regte dinge wat in my of iemand wat ek ken se lewe gebeur het,” deel sy.

Een van die liedjies wat uitstaan op die album is die snit NIEMAND ANDERS wat geskryf is deur Zanda Traut en Deon Meiring.  Die lied her reeds goeie radio speeltyd genie ten ook gedien op talle treffersparades.

LIEFDE SOOS DAGBREEK is geskryf deur Emil Struwig en opgeneem by Manly Recording Studios.  Die lied is ook die openingsnit van die album wat dadelik Jauni M se unieke klank oordra aan die luisteraar.  “Geen dagbreek is natuurlik ooit dieselfde nie, maar wel mooi en uniek op sy eie manier.”, vertel Jauni.

Al wat ons kan sê is dat jy verseker hiedie album wil deurluister.  Jauni M se stem val maklik op die oor en die diversiteit van die musiek verseker dat jy haar nog lank op jou speellys sal hou.

Plectrum gee 2 kopieë van NIEMAND ANDERS weg.

Volg ons Facebookblad vir meer inligting.

Sosiale media:

Facebook, Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui