fbpx
Rise in Red stel tweede inspirerende enkelsnit vry!

Rise in Red stel tweede inspirerende enkelsnit vry!

VOICES gaan daaroor om jou drome te volg en die lewe te leef wat jy verdien. Dit moedig jou aan om jouself oop te stel vir die moontlikhede wat die wêreld vir jou bied,” verduidelik die rockgroep, RISE IN RED, se hoofkitaarspeler, Jayson Reynolds, oor die betekenis agter die enkelsnit wat hulle pas vrygestel het.

Hulle nuutste vrystelling bly getrou aan die positiewe boodskap en kenmerkende alternatiewe rockklank waarvoor die groep bekendheid verwerf het; en wil luisteraars inspireer om hulle eie vrese en onsekerhede te laat gaan en die positiewe in die lewe raak te sien.

“Jayson het die oorspronklike wysie geskep. Dit was een van daardie hoendervleismooi oomblikke toe hy dit vir die eerste keer met die res van ons deel. Daarna het ons almal saam gesit en idees rondgooi oor die lirieke, wat ek kort daarna voltooi het,” voeg voorsanger en ritmekitaarspeler, Dustin McCrindle. 

“Ons besef dat almal uitdagings het om te oorkom. Dit is net nie gesond om die heeltyd in ’n donker gemoedstoestand te wees en net op die slegte te fokus nie. Sien die slegte dinge raak en sorteer dit uit, maar moenie dat dit jou gedagtes oorheers nie.”

Volgens die groep, wat ook bestaan uit Jaco Novella (dromspeler) en Pierre du Toit (baskitaarspeler), was VOICES die eerste liedjie wat hulle in die ateljee opgeneem het en is dit klaar gewild onder die dames by hulle vertonings. 

“Vir een of ander rede, is vroue mal oor die lied! Dit kombineer moderne ritmes in die verse, met ’n groot koor wat lekker is om mee saam te sing,” sê McCrindle.

Die nuwe enkelsnit volg in die suksesvolle voetspore van hulle vorige vrystelling, IN BETWEEN THE LINES, wat ook die titelsnit van hulle album is.

Hierdie snit het nie net speeltyd gekry op verskeie plaaslike- en Australiaanse radiostasies nie, maar ook bo-aan Kovsie FM (97.0) se trefferleer gepronk. Dit was ook op die Top 10-treffersparades van verskeie ander stasies, soos PUK FM (93.6FM), verskyn. Die musiekvideo, wat vervaardig is deur Llewellyn Lloyd van Reblex Photography, is ook baie goed ontvang.

Beide enkelsnitte is geneem vanaf hulle debuut-album wat elf oorspronklike snitte bevat. Alhoewel daar ’n groot verskeidenheid ritmes en genres of die album verskyn, werk die liedjiekeuses goed saam.

RISE IN RED se musikale diversiteit word doeltreffend ten toon gestel deur die album. Dit bied nie net ’n moderne benadering tot rockmusiek nie, maar ook ’n versameling van aangrypende klanke, deernisvolle lirieke en hope emosie wat direk met die siel sal praat.

RISE IN RED is ʼn veelsydige rockgroep van Bloemfontein, wat bekendheid verwerf het vir hulle inspirerende lirieke en ongelooflike verhoogpersoonlikheid. Dit is in 2010 gestig deur Reynolds, McCrindle, dromspeler Jaco Novella en baskitaarspeler Kyle Bath.

“Die naam RISE IN RED is gekies omdat ons almal Christene is en daarop fokus om ’n boodskap van hoop met ons musiek te bring. Dit pleit inderwaarheid by luisteraars om op te staan vir dit waarin hulle glo”, sê Reynolds.

Die groep is hoofsaaklik begin as ’n projek wat gemik was op liedjieskryf en –vervaardiging, maar teen 2015 het hulle dit reggekry om hulle eie unieke styl te skep en begin fokus op lewendige optredes.

Sedertdien het hulle van krag-tot-krag gegaan en die verhoog gedeel met verskeie groot name soos: Prime Circle, AKINGDan PatlanskyFrancois van Coke en vele meer. Pierre du Toit het in 2018 oorgeneem as baskitaarspeler.

Tans is hulle hard aan die werk om toerdatums vir die komende jaar te bevestig en aan hulle nuwe musiekvideo te beplan. RISE IN RED het ook onlangs, met die hulp van die mentor Damian Keyes, begin op opwindende materiaal te skep vir hulle YouTube-kanaal.

Aanhangers en kitaargeesdriftiges kan binnekort uitsien na oulike hoe-om-kitaarvideos deur Jason, agter-die-skerms-pret en nog vele meer. Hou hulle blad dop vir inligting! 

Die enkelsnit is beskikbaar op die album hier:

Spotify

SOSIALEMEDIASKAKELS
Facebook, Instagram, SoundCloud, YouTube
Webblad: www.riseinred.com

BESPREKINGS
E-pos: [email protected]
Sel: 083 257 4556 / 083 302 9204

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui