fbpx
Harlind sing O Sole Mio

Harlind sing O Sole Mio

Harlind is ʼn duogroep wat in 2017 die Suid-Afrikaanse musiekindustrie betree het. Die duo bestaan uit die tenoor, Stephan Herholdt, en die pragtige sopraan, Amy Celine Lind.

Harlind word gevorm, nie net deur die kombinasie van stemme nie, maar ook deur die kombinasie van kontemporêre en klassieke klanke – ʼn passie wat gekoester word deur beide kunstenaars.

En nou bring hul hulde aan een van die mees ikoniese liedere van alle tye O SOLE MIO. Die lied is net meer as 120 jaar gelede geskryf en is deur die jare heen opgevoer deur van die wêreld se beste sangers. En Harlind staan glad nie terug nie.

Hierdie nuwe duo is besig om ʼn naam vir hulself te maak met hulle suiwer en unieke klank, sowel as hulle eerlike en dinamiese interpretasie van welbekende musiek.

Amy Celine Lind is gebore en het grootgeword in Ermelo, Mpumalanga, waar sy gematrikuleer het aan die Ligbron Tegniese Hoërskool. Sy het reeds as kleuter begin sing, en na skool het sy Pretoria toe verhuis om haar passie vir sang en die kunste uit te leef.

Met haar borrelende persoonlikheid verower sy harte oral waar sy gaan. Amy se pragtige, suiwer stem resoneer in perfekte harmonie saam met Stephan se laer note.

Stephan Herholdt is gebore in Hoedspruit, Limpopo en het gematrikuleer aan die Hoërskool Ben Vorster in Tzaneen, waar hy ook begin sing het in sy matriekjaar.

Daarna het hy sy BA graad in Centurion verwerf as ʼn grafiese ontwerper. Stephan bring ʼn warm en suiwer klank wat die duo ʼn plesier maak om na te luister.

Sosiale Media:

Facebook

Besprekings:

[email protected] of [email protected].

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui