fbpx
Helmut Meijer – SINK

Helmut Meijer – SINK

Die bekroonde Suid-Afrikaanse musiekvervaardiger, komponis, sanger, liedjieskrywer, outeur, asook ’n skolier en onderwyser van die Oud-Hebreeuse Taal, Helmut Meijer, stel bekend sy nuutste “Synthpop” enkelsnit SINK.

Slegs ’n paar weke gelede het Helmut Meijer sy eerste boek, FRACTAL – A Tale of Three Interventions, vrygestel en dit is uitstekend ontvang. 

Helmut Meijer SINK Cover

Meijer het oorspronklik die Wêreld-Musiekgroep, DNA Strings, geteken, wat tot ongekende plaaslike sukses gestyg het, duisende liedjies vir plaaslike en internasionale kunstenaars gekomponeer en vervaardig en verskeie toekennings gewen, maar is in 2015 gediagnoseer met Koronêre hartsiekte. Nadat hy drie hartprosedures oor ’n periode van vier jaar ondergaan het, het hy verplig gevoel om sy storie van ’n “gebreekte hart” in boekformaat te vertel, aangesien hy voel dat dit vir menigte ’n lewensbelangrike storie kan wees. Maar eintlik was die motivering om hierdie boek te skryf tweeledig. Aan die een kant wou hy die storie deel van sy reis en ontdekking van pure eminensie van die hart en aan die ander kant sy persoonlike ontrafeling van die Oud-Hebreeuse taal gedurende sy laaste hartprosedure.

“Net soos ’n goeie liedjie, glo ek dat ’n goeie storie ook by baie mense se eie verhale moet aanklank vind,” verduidelik Meijer. “Om my storie te skryf was baie terapeuties en het my laat besef dat ’n eerlike vertelling van ’n gebroke verhaal so baie mense kan help.”

En net so opreg en eerlik soos sy boek, kom Meijer en stel ’n enkelsnit vry met die titel SINK wat hy self geskryf het, sing, vervaardig en gemeester het. Die genre is 80’s en “Synthpop” waarvan A-ha seker die bekendste voorbeeld is, en is gebore in ’n besonderse uitdagende tyd in Meijer se lewe. Hy het die lied reeds in Mei 2019 geskryf en ’n demo gemaak, maar dit nou eers afgestof met Covid-19 en al sy uitdagings. Meijer voel dat in hierdie tyd waarin ons nou leef dit moontlik is dat meeste mense dalk voel hulle SINK terwyl ander toekyk sonder dat hulle iets daaroor sê.  Met SINK hoop hy om woorde te gee aan hoe baie mense voel.

“Vir my was dit geweldige terapie om net te kon uitskree wat ek voel. Sonder ’n geestelike sousie of boodskappie. Net die rou emosie, dat dit voel of ek sink. En nou is die tyd om te sê hoe jy voel, want bitter baie mense voel presies so”, Meijer.

Met Helmut Meijer se boek (beskikbaar op digitale platforms), wat ’n kombinasie van nie-fiksie, filosofie en geloof en ’n eerlike vertelling van sy lewens- en liefdesreis, suksesse en verliese en patrone en gewoontes rakende sy hart verklap, verweef met sy eie ervaringe met musiek, reise en avonture, én die bekendstelling van ’n nuwe enkelsnit soos SINK beweeg hy al hoe nader aan sy kinderdae droom om sy eie musiek te skryf en sing.   

Met sy boek FRACTAL – A Tale of Three Interventions trek hy jou in sy wêreld en reise van Israel tot Switserland, Kilimanjaro, die Faroëreilande, Londen, Egipte, Marokko en baie ander lande in en met sy melodiese, progressiewe musiek met relevante lirieke laat hy jou beslis teruggryp na die eenvoud van die 80’s.

FRACTAL – A Tale of Three Interventions is Helmut Meijer se eerste boek en word uitgegee deur Virtualbookworm.com Publishing Inc., Posbus 9949, College Station, TX 77842, US. ©2021, Helmut Meijer

Koop dit hier:

Biography/Memoirs | Virtualbookworm Publishing

SINK is nou op alle digitale platforms beskikbaar:

https://music.apple.com/za/album/sink-single/1574290298

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook

Twitter

Instagram

Webblad: www.helmutmeijer.com