fbpx
Henrico Coetzer stel vyfde enkelsnit bekend – DIE LEWE

Henrico Coetzer stel vyfde enkelsnit bekend – DIE LEWE

DIE LEWE is die agt-en-twintigjarige Henrico Coetzer, talentvolle sanger van Pretoria, se vyfde enkelsnit en volg in die voetspore van treffers soos Man Van GodHoor My Woorde en Soos Reën.

Hierdie betekenisvolle popsnit is deur Angelique Lane geskryf en hy en Ettienne Lane het self die produksie daarvan behartig en die publiek gaan verseker daarby aanklank vind omdat dit iets anders as die normale “Henrico” is.

“Die liedjie moedig luisteraars aan om iets positief in ’n negatiewe situasie te probeer raaksien. In die tyd waarin ons nou is het die land en ons mense iets nodig wat hulle opgewonde maak en moed gee,” verduidelik hy. 

“Ek was op ’n stadium in my loopbaan wat ek gesoek het na ’n lied wat positief is vir die mense daar buite. Iets so ’n bietjie anders as die gewone om te wys dat jy met die regte denke ’n negatief in ’n positief kan verander.” 

’n Liriekvideo van hierdie besonderse snit, vanaf sy tweede album – Dis wie ek is…, sal ook eersdaags beskikbaar wees.

Henrico het nog altyd geweet dat hy ’n musikant wil wees en liedjies soos DIE LEWE, wat sy fluweelstem soos ’n handskoen pas, maak dit duidelik dat hy sy hart en siel in elke projek stort wat hy aanpak.

DIE LEWE is nou beskikbaar op sy album, Dis wie ek is… en op alle digitale platforms.
Kry dit hier: Apple Music, Spotify

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook
Instagram
Twitter