fbpx
Jesse Grey se eerste Afrikaanse Lied – TOT DIE SON WEER SKYN

Jesse Grey se eerste Afrikaanse Lied – TOT DIE SON WEER SKYN

TOT DIE SON WEER SKYN is die jongste enkelsnit deur die Kaapstadse treffermasjien, Jesse Grey, en boonop sy eerste liedjie wat hy in Afrikaans geskryf en opgeneem het.

jesse grey tot die son weer skyn plectrum cover

Vir Jesse Grey, wat veral bekend is vir sy Engelse radiotreffers, voel hierdie nuwe stap in die kol.

“Afrikaans is my moedertaal; dis waarin ek skryf en droom, so om uiteindelik iets in Afrikaans te kan uitreik is ’n wonderlike gevoel,” sê hy. “En wat dit net nog soveel meer spesiaal maak, is dat ek met die legendariese Theo Crous (Karen Zoid, Springbok Nude Girls) hieraan kon saamwerk – ons hoop regtig die liedjie maak ’n impak op radio en stromingsdienste.”

Die prentjiemooi video vir TOT DIE SON WEER SKYN is by die Hartbeespoortdam verfilm.

“Die video was vet pret vir die hele span,” sê Jesse. “Ons het bitter vroeg op stel begin en die hele video in net een dag geskiet, en ek glo ons het die gevoel van die liedjie raak vasgevang.”

Luister nou na TOT DIE SON WEER SKYN op jou gunstelingstromingsdiens.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram