fbpx
Just another Country song

Just another Country song

Marli is splinternuut op die toneel met haar enkelsnit, JUST ANOTHER COUNTRY SONG. Hiermee gee sy nie net haar styl weg nie, maar oorrompel die countryliefhebber dadelik. Met ’n effense Amerikaanse aksent, maar tog nie geforseerd nie, gaan hierdie liedjie boer op radiostasies en dansvloere landswyd.

Country musiek, ook bekend as Country and Western of Hillbilly-musiek, is ’n populêre genre van musiek wat ontstaan het in die vroeë 1920’s. Dit het sy oorsprong gevind deur folk music van die werkersklas, wat ’n kombinasie was van Ierse liedere, Celtic fiddle tunes, tradisionele Engelse ballades en cowboy songs.

Marli

Dus is hierdie ’n musiekstyl wat hier is om te bly. Deur die jare bly dit ’n gunsteling en nuwe sangers wat hierdie genre aanpak, is verseker van ’n gehoor met geoefende ore en groot aanhang.

Dié gebore Potchmeisie woon deesdae in Pretoria waar sy haar musiekloopbaan voltyds bestuur. Op skool al het sy naam gemaak deur aan al wat ’n kompetisie is deel te neem, in kore te sing en elke geleentheid met beide hande en boots aan te gryp vir wat voorlê.

Met ereklere vir drama en sang kon almal sien dat musiek deur haar are vloei. In 2013 neem Marli deel aan die Kraal Kunstefees waar sy 5 A+ ontvang het en die legendariese Manuel Escorcio aangebied het om haar mentor te wees – en steeds is.

Marli is ook nou betrokke by welsyn en was ambassadeur vir Feed a Child waar sy jong leerders inspireer om terug te gee aan die gemeenskap. In 2018 het Marli haar eie musiekskool begin en spog sy met vele A+ studente wat sy oplei in die Italiaanse, Bel Canto sangstyl en om hul eie liedjies te skryf.

JUST ANOTHER COUNTRY SONG het byna ses jaar geduur om geskryf te word, maar hier is Marli nou, reg om die musiekbedryf met stewels en hoed te oorrompel.

Die liedjie is geïnspireer eerstens deur haar liefde vir Country Musiek, maar ook ‘n liefde wat skeefgeloop het. Meer daarvan sal jy in die ritme voel wat deur jou are pols as jy na Marli se warm, countrystem luister. Die snit is opgeneem deur ProTrax onder leiding van Allen Roy Scott en Jolanda Becker.

Daar ‘n spreekwoord wat lui: “Country music is three chords and the truth!” Wel, hier is sy met meer as drie akkoorde en eerlike, opregte Country musiek lirieke.

Lank lewe Country. Welkom, Marli!

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, Twitter
Webblad: https://marlimusieksa.com