fbpx
Kirsten Richard vertel hartstories met musiek

Kirsten Richard vertel hartstories met musiek

Die nuweling Kirsten Richard se heel eerste enkelsnit is pas uitgereik en dit beloof om al die emosies en frustrasies rakende die seer wat dié sanger al moes voel uit te beeld.

Mia, wat “myne” in Italiaans beteken, is ’n alternatiewe rockliedjie met ’n tikkie pop. “Dit het my ’n rukkie geneem om my eie komposisies aan die publiek bekend te maak, omdat ek eers seker wou maak dat die liedjies se stories en boodskappe sterk vasgelê is,” verduidelik Kirsten.

Die enkelsnit is uit Kirsten se eie pen en volgens hom is dit die enigste manier hoe die luisteraar op ’n persoonlike vlak met die kunstenaars kan ‘connect’. “Dis dieselfde met elke instrument wat in my liedjies gebruik word. Dit vertel tog die emosies en storie wat ek in die liedjie wil uitbeeld.”

Kirsten sê dat selfs al het ’n mens net die liedjie een keer geluister, sal ’n mens gou agter kom dat die liedjie oor ’n meisie (Mia) gaan wat hom verneuk het. Dit was my intensie om deur die emosies wat gewoonlik gekoppel word aan ’n ‘break-up’ ’n parallel te trek met die eintlike emosies en storie agter die liedjie.

Ek wou al die frustrasies en hartseer wat ek al in verhoudings met mense in die lewe ervaar het, gekoppel het aan een persoon. Dit was ook belangrik dat daardie persoon ’n fisiese uitbeelding van my begeertes om beheer oor die situasie te hê en om in ’n mate dit te besit.”

Die sanger meen dat Mia ’n goeie aanduiding sal wees van die tipe musikant en mens wat hy is. “Die styl van die liedjie is min of meer wat mense van my in die toekoms kan verwag,” sê hy.

Kirsten verduidelik dat hy liedjies skryf vir die mense wat met dieselfde probleme as hy worstel. Hy wil ’n boodskap oordra met sy musiek en emosies wakker maak. Hy wil in Afrikaans skryf en sy doelwit is om die twee wêrelde van betekenlose popmusiek met alternatiewe-rockmusiek byeen te bring.

https://open.spotify.com/track/2GituON2bZFjK2MkATiVJW?si=N8Mz4kYcTTyYJyiXY22K5A

Vra jy hom hoekom mense daarna moet of sal luister antwoord hy: “Mia mag dalk nie in almal se kraal val nie, maar as dit jou aanraak sal jy beslis meer wil hoor.”

‘’n Musiekvideo vir die enkelsnit is ook in die pyplyn. Kirsten wil egter nie teveel oor die video verklap nie, maar vertel dat die musiekvideo die liedjie visueel en kreatief sal regverdig. “Ek kan noem dat die video afspeel in ’n straat en dat “Mia” n gesig kry. “ sê Kristen, wat self ook by die produksie van die video betrokke is.

Kristen is van kleins af besig met musiek. Dis eers toe sy ouers vir hom, sy eerste kitaar gekoop het wat dié gogga behoorlik gebyt het. Kirsten is tans twaalf jaar doenig in die musiekbedryf.

Kristen se musiekmentors is rockers soos Spoegwolf en Francois van Coke, en sy hoop om eendag saam een van die twee te werk. Vra jy hom oor sy musiekkeuses antwoord hy: “Ek love old-school rock musiek. So musikante soos Bon Jovi, Bruce Springsteen en Michael Jackson het defnitief ’n groot invloed op my ontwikkeling as ’n musikant gehad.”

En wat weet niemand van hom? “Almal wat na aan my is, weet ek kan nie sonder Pizza Perfect se Nachos Pizza lewe nie. Sy grootste hoogtepunte sluit in optredes by Weiveld en Proe’toria asook sy eerste enkelsnit vrystelling.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui