fbpx
Kitsfeite – VREDE

Kitsfeite – VREDE

Die groep Vrede het reeds groot naam gemaak in die musiekbedryf en nou is hulle terug met splinternuwe musiek wat jy nie wil mis nie. Die nuwe lied HART EN GOUD sal eerskomende Vrydag (7 Julie 2023) beskikbaar wees.

Ons het met hulle gesels om meer oor die talentvolle musikante uit te vind.

Hoe het julle Vrede se sound gevind?

Ons het vir jare rondgespeel met baie verskilende klanke en het besef ons wil graag lighartige musiek maak met lirieke wat vir ons baie beteken.

Wat was die insperasie van Hart en Goud?

Elke mens op hierdie planeet sit met moeilike tye en baie gedagtes in hulle kop. Baie min mense kan deur sulke harde tye nogsteeds ‘n glimlag dra en deur die moeilike werk. Die liedjie gaan oor ‘n vrou wat in ‘n harde verhouding vassit maar steeds die mooi in als kan sien. ‘n Tipiese – ‘Stop and smell the roses” persoon.

Wat kom nog vir Vrede?

Ons is baie opgewonde vir die volgende twee weke. Eerskomende Vrydag stel ons die musiekvideo vir HART EN GOUD bekend en die opeenvolgende Vrydag reik ons nog twee liedjies uit waarop ons baie trots is – TYD en ‘n weergawe van die talentvolle Abel Kraamsaal – KAALGAT IN DIE REËN.

Wat is julle gunsteling herrindering van julle loopbaan?

Ons sal sê ons gunsteling oomblikke is definitief by musiekfeeste.

‘n Fees wat uitstaan – Ons het laasjaar by ‘n fees in die Tankwa Karoo gespeel met die naam – Gannaga Fees. Hier het ons die verhoog gedeel met ons beste vriende in die industrie. Kan nie wag vir die jaar s’n nie.

Hoe ondersteun julle mekaar?

Ek en Francois maak saam musiek. Ons woon saam en werk ook saam by ‘n platemaatskappy. Baie mense vra vir ons hoe ons nie al mal is vir mekaar nie, maar ek kan regtig sê dit gebeur baie selde.

Ons verstaan mekaar en deel ‘n droom. Altwee van ons sal eerder “verkeerd” wees voordat ons begin stry of baklei. Ongelooflik baie lief vir Francois en waardeer elke optrede/werksgeleendheid en selfs net “chill” op ons bank.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram