fbpx
Kompas – Rian Strydom

Kompas – Rian Strydom

3.5 out of 5 stars

Rian Strydom is geen vreemdeling nie. Nie net is hy ʼn geliefde radio omroeper op LuisterFM 90.6 nie maar is ook ʼn gesoute sanger.

Rian wat reeds op die jong ouderdom van 5 begin sing het, spog reeds met ʼn hele reeks toekennings vir sy sangtalent.

KOMPAS is die nuutste enkelsnit van Rian Strydom wat geskryf en vervaardig is deur Joe Foster.

Die oorheersende tema van die lied vertel die storie van iemand wat rigtingloos staan sonder sy KOMPAS. Die KOMPAS kan interpreteer word as ʼn liefdesmaat maar dra ook sterk geestelike ondertone oor aan die luisteraar.

Die lied sal aanklank vind by enige luisteraar at hou van ligte popmusiek.

Die plaasseun van Parys werk tans aan die musiekvideo vir die lied wat hopelik in Februarie 2020 vrygestel sal word.

Die lied is tans beskikbaar op alle digitale platforms.

BESPREKINGS:
www.rianstrydom.co.za
Ryno du Toit – 072 925 1525

SOSIALE MEDIA:
Facebook, Instagram