fbpx
Die Eerste Suid-Afrikaanse Legendes Museum Open Binnekort

Die Eerste Suid-Afrikaanse Legendes Museum Open Binnekort

Die woord “legende” word gereeld in Suid-Afrika gebruik. Maar wat beteken dit eintlik as iemand ‘n ware legende is?

As jy na ‘n persoon verwys as ‘n legende, dan verwys jy na iemand wat uitgeblink het in hulle veld. Dit is iemand wat baie bekendheid verwerf het. ‘n Legende word bemin deur baie mense.

In Suid-Afrika is daar heelwat sangers, akteurs en radio & TV persoonlikhede wat ‘n groot bydrae gelewer het om ons vermaaklikheidsbedryf te vorm tot wat dit vandag is.

Hierdie mans en vrouens het die beste jare van hul lewens  gegee om ons as Suid-Afrikaners te vermaak. Baie kere het hul onder moeilike omstandighede gewerk en nogsteeds net hul beste gelewer en hul passie uitgeleef.

So baie van hierdie sangers, akteurs en radio & TV persoonlikhede het saam met ons grootgeword. Ander vorm deel van die klankbaan van ons lewens. Ander het stilweg agter die skerms gewerk…

Die Suid-Afrikaanse Legendes Museum is gebore uit die behoefte om die nalatenskap van die legendes van die laaste eeu vas te vang. Sodoende sal die geskiedenis van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf behoue bly vir die generasies wat kom. Eerste in sy soort is die museum in Augustus 2019 gestig om hulde te bring aan Suid-Afrika se grootste legendes.

Verskeie kriteria is in ag geneem om die lys van legendes saam te stel. Daar is gekyk na die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf van die laaste 100 jaar. Legendes was gekies op meriete van hul bydra tot die vermaak van Suid-Afrikaanse musiek, films, teater, radio en TV gehore.

Die aantal jare wat die legende gewerk het in die bedryf het ook ‘n invloed gehad. Die aantal toekennings wat elk ontvang het, asook hul gewildheid was van die faktore wat in ag geneem was.

Altesaam 116 Suid-Afrikaanse legendes se bydrae en nalatenskap word in die gebou gevier. Legendes wat al oorlede is was ook ingesluit.

Die besoekers en lewende legendes wat vir die museum kom kuier sal kan uitsien na was standbeelde en borsbeelde van hul gunsteling legendes.

Die publiek sal ook persoonlike gedenkwaardighede soos verhoogklere, toekennings, goue plate ens. van die legendes kan aanskou. ‘n Video biografie sal ook van elk van die legendes se uitstallings gespeel word.

Die museum & teater kompleks se deure sal vanaf  27 Januarie 2020 oop wees vir die publiek en beloof om ‘n skatkis van herinneringe te wees.