fbpx
Kyk Janco Dreyer se musiekvideo vir BOSOPSKOP hier

Kyk Janco Dreyer se musiekvideo vir BOSOPSKOP hier

Sedert Janco Dreyer ’n maand gelede sy tweede enkelsnit, BOSOPKOP, uitgereik het is dié liedjie op almal se lippe.

Om dinge nog meer opwindend te maak, is daar nou ook ’n musiekvideo vir hierdie opgewekte snit beskikbaar.

Dié video, wat deur Gerduan Kemp van Gerduan Kemp Photo & Film verfilm is op ’n wildsplaas in Hoopstad, gaan oor ’n klomp jongmense wat in die bos kuier en kamp. Een van die manne raak dan verlief op ’n meisie wat sy hart breek.

“Die boodskap wat ek graag met die video wil oordra, is dat jy jou hart moet volg – ongeag of dit goed of sleg uitdraai – want elke ervaring maak jou sterker,” deel hy. “Kykers sal die video geniet, omdat dit jou laat voel asof jy saam met die karakters in die bos kuier. Ek glo ook dat baie mense se harte al gebreek was, dat hulle sterker aan die anderkant uitgekom het en dus sal aanklank vind by die boodskap.” 

Janco sing al vandat hy elf is en daar is niks wat dié 23-jarige sanger en liedjieskrywer van Bloemfontein eerder sou wou doen nie.

Oor die jare was hy betrokke by verskeie inisiatiewe, waaronder Jacobus Silwer se All the way from Bloem-liedjieskryfprojek, het hy al by groot feeste opgetree, aan verskeie talentkompetisies deelgeneem en selfs die geleentheid gehad om die land in die VSA te verteenwoordig. Sy eerste enkelsnit, Ek Sal Dit Onthou, is in Maart 2022 uitgereik.

Tans studeer hy musiektegnologie by COPA en werk hy hard daaraan om sy arsenaal van oorspronklike musiek uit te brei.

BOSOPSKOP se musiekvideo spog met ’n eerlike opregtheid waarby luisteraars van alle ouderdomme sal aanklank vind.  

“Die video is uniek, want dit is hoe jongmense regtig kuier en alles wat gebeur, gebeur in die werklike lewe ook,” sluit hy af.

Die liedjie, uit die pen van Hugo Ludik en Nick Jordaan, is nou beskikbaar op alle stromingsplatforms.

Kry dit hier:

Spotify: https://open.spotify.com/track/7znVqj2Hiti3jCF2K0Cd6r?si=4SXY8StkQV2URcqk_EneMg&dd=1

Apple Music: https://music.apple.com/us/album/bosopskop/1678491858?i=1678491859   

YouTube: https://music.youtube.com/watch?v=9xpbrMZdrDc&feature=share

SOSIALEMEDIASKAKELS:

Facebook, Instagram, YouTube