fbpx
“Laat dit reën”, sing RAYNE

“Laat dit reën”, sing RAYNE

R A Y N E Laat dit reën

LAAT DIT REËN is RAYNE se debuut enkelsnit.

LAAT DIT REËN is die resultaat van donker en moeilike tye wat RAYNE deurgemaak het.  Dit was eers toe hy saam met `n Kanadese firma aan `n projek oor die COVID pandemie werk, dat die lied gebore is.

LAAT DIT REËN is tans beskikbaar op alle digitale platforms.

R A Y N E (soos “rain” in Engels) se debuut enkelsnit LAAT DIT REËN spreek die seer in die wêreld aan.  “Dis soos `n tweesnydende swaard, die eerste helfte is sag en somber en die tweede helfte van die lied is belaai met frustrasie en woede.”, verduidelik die sanger van Centurion.

LAAT DIT REËN is die resultaat van donker en moeilike tye wat R A Y N E deurgemaak het.  Dit was eers toe hy saam met `n Kanadese firma aan `n projek oor die COVID pandemie werk, dat die lied gebore is.

Dié lied is vervaardig deur Joshua Oosthuizen by ORIISON en die produksie ondersteun die tema van die lirieke deur elke klankkeuse.

Alhoewel R A Y N E fokus op popmusiek, neem sy lirieke `n baie rou emosie aan.  Die samesmelting van rock en pop is kenmerkend van R A Y N E se musiek en sy debuut-enkelsnit is die toonbeeld daarvan.

“Ek wil die wêreld `n veiliger, vriendeliker en gelyke realiteit vir elkeen maak – almal het die reg om hulself 100% uit te leef.”

R A Y N E se musiekstyl word beïnvloed deur kunstenaars soos Lady Gaga, David Bowie, P!nk en Billie Eilish. Hy ag elkeen van hierdie kunstenaars hoog en beny hul vermoë om grense te verskuif.  Dis juis hierdie eienskap wat hom geïnspireer het om op `n jong ouderdom tot die besef te kom van, “ek wild it doen” – nie net sing nie, maar sosiale verandering teweegbring.

R A Y N E is `n gebore kunstenaar en noem dat indien hy nie in musiek opgeëindig het nie, hy steeds iewers in die kunste betrokke sou wees as filmster of regisseur.

R A Y N E wat sy aftyd vul met boogskiet en joga-oefeninge noem dat hy graag ook tydens die grendelstaat meer tyd spandeer agter die klavier.  Hier geniet hy dit om aan nuwe musiek te werk en so kan hy sy kreatiewe kant beitel.

Tans is dié kunstenaar besig om aan sy tweede enkelsnit te werk.  “Ek wil nie te veel weggee nie, maar al wat ek kan sê is dat mense gereed moet maak om te dans.”

LAAT DIT REËN is tans beskikbaar op alle digitale platforms.

SOSIALEMEDIA:

Facebook, Instagram

BESPREKINGS:

Emsie Lotter

[email protected]

076 436 5860