fbpx
Plectrum Top 40 – Week 2

Plectrum Top 40 – Week 2

So lyk die Plectrum Top 40 in week 2.

Daar is twaalf nuwe liedjies op die trefferlys, waarvan drie bo-aan die Plectrum Top 40 pronk.

LAAT DIT REËN van Rayne maak sy debuut op op no. 1, na die liedjie se musiekvideo verlede week vrygestel is. Kort op sy hakke is EK WOU NOG van Bottomless Coffee Band wat op no. 2 begin op die trefferlys, dit ook na die liedjie se musiekvideo vrygestel is verlede week.

Bonnie Jackson maak ook haar debuut op die trefferlys op posisie no. 3 met haar lied TAKE ME HOME.

SESDE SINTUIG deur Gerduan Kemp klim die trefferlys vanaf no. 7 verlede week na no. 4. HARTKLOP van Len Muller sak vanaf no. 3 terug na no. 5.

VLUGVOETIG skuif ook een posisie af van no. 5 na no. 6. Verlede week se no. 2 posisie, DIS OKAY van Bloumoord staan sy weer sy plek vol op no. 2.

Wilhelm Lichtenberg klim die trefferlys met SOMERKERSFEES en dit word sy eerste Top 10 treffer wat vanaf no. 12 na no. 8 klim.

NOG `N KANS deur Alida het effe gedaal vanaf no. 4 na no. 9.

Die Top 10 word voltooi deur Johan Anker se Soldaat wat verlede week die no. 1 posisie beklee het en nou die 10de posisie inneem.

Die ander nuwe liedjies op die Plectrum Top 40 sluit in:

  • BOOMBOX van Theo Nel (feat. Vincent Gordon) op No 25.
  • HEY, ELAINE! van Ampie op No 26
  • WEIER van Die Melktert Kommissie op No 28
  • HAPPY AS EK DRONK IS, JMF Is op No 29
  • SPEAK van Chané op No 31
  • LEWE van Deon Dee op No 32
  • SKADU’S VAN GRYS van Waldo Greeff & Carma op No 33
  • WAAR WAS JY? van Angelique Greffrath op No 37
  • HOE HOOG van Renaldo op No 38

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 133 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 133 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 892 502.
  • Die totale nuwe kyke van die 133 liedjies hierdie week was 18 869 waarvan 16 600 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 word saamgestel deur Reputasie vir Plectrum.

Plectrum Top 40 - Week 2

LEES MEER:

Plectrum Top 40 – Week 1