fbpx
Lydia Winchester in hospitaal weens COVID-19

Lydia Winchester in hospitaal weens COVID-19

Die musiekbemarker Lydia Winchester is Sondag, 20 Junie 2021, weens ‘n suurstoftekort in ‘n hospitaal in Johannesburg opgeneem nadat sy Vrydag positief vir COVID-19 getoets is. Sy het Saterdag gehoor sy het die virus.

Die sangeres Angelique Greffrath, een van die kunstenaars wat Winchester bemark, kon haar nie in die hande kry nie en het besluit om na haar huis te ry. “Ek het daar aangetref. Dit was ‘n groot risiko, maar ek kon nie anders nie. Sy het nie suurstof gehad nie. Haar suurstof is op 81. Ek het twee maskers gedra en gereinig.

“Daar was nie ‘n ambulans beskikbaar nie, want daar is te veel Covid-gevalle.”

Winchester word deur die dokters waargeneem, maar is nie in die hoësorgeenheid opgeneem nie.
Sy werk vanjaar 37 jaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf en bemark kunstenaars soos Rina Hugo, Carike Keuzenkamp, Anneli van Rooyen en Anton Goosen.

Sy is in die 1980’s as Boet Pretorius, medestigter van die eertydse maatskappy Decibel Musiek, se sekretaresse aangestel.

Sy is onlangs met ‘n Afri-Indie-musiektoekenning vir haar lewenswerk vereer en het in 2018 ‘n Ghoema-eerbewys vir haar lewenslange bydrae gekry.

Ons wens vir Lydia ‘n spoedige herstel toe.