Marichelle Visser – YOU AND ME

Marichelle Visser – YOU AND ME

marichelle you and me

In Marichelle Visser se debuutpop-enkelsnit, YOU AND ME, plaas sy die waarde van ’n verhouding – en spesiale band tussen twee persone – onder die kollig.

YOU AND ME is uit die pen van musikant en liedjieskrywer, Faraway George en word deur Elvis Blue as “hoogs talentvol” beskryf.

In Marichelle Visser se debuutpop-enkelsnit, YOU AND ME, plaas sy die waarde van ’n verhouding – en spesiale band tussen twee persone – onder die kollig.

“Of dit nou jou maat, jou beste vriend of selfs jou hond is, ons het almal daardie een persoon nodig met wie ons ’n spesiale band deel,” het Marichelle verduidelik.

In hierdie lied word die luisteraar daaraan herinner dat ’n spesiale band tussen twee mense ’n vennootskap is waar die enigste doel is om saam te wees – van die begin tot die einde.

“Op die einde is niks belangriker as om daardie spesiale persoon naby te hê nie. Iemand om al die avonture van die lewe te deel nie en in my lied herinner ek luisteraars aan hierdie gevoel,” het sy bygevoeg.

YOU AND ME is uit die pen van musikant en liedjieskrywer, Faraway George, wat ook in 2018 deel was van die werklikheidstalentprogram, Die Kontrak, en deur Elvis Blue as “hoogs talentvol” beskryf.

“Dit is ’n liedjie wat my hart warm maak en laat dink aan my en my lewensmaat en dogtertjie, Nicky-Ann, en hoe ver ons gekom het as twee mense wat nou geseënd is met hierdie dogtertjie,” het Marichelle gesê.

“Ek hoop dat die lied luisteraars opgewonde maak oor wat nog in hul verhoudings gaan kom.”

Volgens Marichelle wil sy hê dat haar musiek met mense moet aanklank vind, hul gemoed lig en hulle inspireer.

YOU AND ME is Marichelle se eerste enkelsnit en sy skop haar loopbaan op ’n hoë noot af met ’n musiekvideo wat ook vrygestel word.

“Die musiekvideo is ’n vertoning eerder as ’n verhaal wat afspeel. As mense na die lied luister, dink hulle outomaties aan die tipiese liefdesliedjie. In die musiekvideo word ’n perd as ’n vriend en metgesel voorgestel om mens bietjie diper te laat dink,” het Marichelle verduidelik.

Volgens haar sal dit luisteraars ’n ander siening en begrip van die lied self gee en dat die boodskap meer is as net dié van ’n tradisionele liefdeslied.

“Met die musiekvideo wil ek die gevoel van ’n spesiale band met enigiemand beklemtoon – van goeie vriend, minnaar tot troeteldier,” het sy bygevoeg.

SOSIALEMEDIA

Facebook, Instagram