fbpx
Plectrum Top 40 – Week 9

Plectrum Top 40 – Week 9

Die appel kar word ordentlik hierdie week omgegooi op die Plectrum Top 40. Daar is vyf nuwe liedjies op die trefferlys met vier van hulle in die Top 10.

Nadia Vorster se VANGNET maak daar debuut op No 1 na die liedjie ‘n groei van 362% in die aantal kyke die afgelope week gesien het. Abel Knobel se nuutste enkelsnit MEISIE OP DIE STRAND van sy debuut album Refleksies, maar sy debuut op No 2 na die liedjie se musiekvideo verlede week vrygestel was.

Pierre Nel se COLLIDE maak ‘n onverwagte oplewing, die liedjie spring vanaf No 24 verlede week na No 3. VROU van Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters maak hul debuut op No 4. Verlede week se No 1, LAAT DIT REËN van Rayne is op No 5 die week.

Mal Saam van Van Wyk Brand maak sy debuut op No 6 . IN JOU ARMS SLAAP van Cezanne Yzelle klim verder in die Top 10 in na No 7 na die liedjie se musiekvideo verlede week vrygestel was. Wikus Botma se WE’LL BE OKAY is op No 8 en Len Muller is op No 9 met HARTKLOP. Die Top 10 word voltooi deur SOLDAAT van Johan Anker.

Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40:

  • ANDERKANT DIE HEMEL van Kwaggabees op No 40

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • VLUGVOETIG van Kaleidoskoop op No 12
  • HOU MY VAS van Ricardo Muller op No 34
  • BOOMBOX van Theo Nell (feat Vincent Gordon) op No 39

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 153 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 153 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 085 836
  • Die totale nuwe kyke van die 153 liedjies hierdie week was 48 232 waarvan 45 194 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 se data word verwerk en voorberei deur Reputasie.

LEES MEER

Plectrum Top 40