fbpx
Merique sê: “Good’s Gonna Come”

Merique sê: “Good’s Gonna Come”

Merique se loopbaan het afgeskop op die jong ouderdom van 14 waar sy toelating gekry het by `n sangskool in Bloemfontein – die skool wat besit word deur bekende sanger Phillip Kotzé.

Na skool skryf sy in vir die graad BSc Diëetkunde waar sy na afloop van haar eerste jaar `n rugoperasie moes ondergaan.  Hierdie operasie het haar teruggedraai na haar eerste liefde – musiek!

Sedert 2011 het sy seker gemaak dat sy aan al wat `n musiekprogram en –geleentheid is deelneem.  Sy skryf ook in vir internasionale sangkompetisies.  Om haar harde werk te beloon wen sy hierdie sangkompetisies en spog nou met `n hele rits trofeë.

Een van hierdie kompetisies is die “World Championships of Performing Arts” waar sy Suid-Afrika verteenwoordig het in Hollywood.  Sy wen ook die afdeling Champion of the World Division.  Sy verower ook die toekenning “Industry Award”.

Sy begin om deur SA te toer.  Sy tree op in die musiekblyspel “Skallie Skinnerstories tref Stoffontein” wat by die KKNK te sien was.  Verder skryf sy musiek en stories vir `n kankerorganisasie vir kinders.

Teen die einde van 2014 het sy haar eerste enkelsnit, “Butterfl-eyes”, internasionaal vrygestel.  Hierdie lied het die aandag van Gordon Malboeuf, ondervoorsitter van A&R at Lunacy Records in Oklahoma City.

In 2015 word sy genooi om deel te word van `n groepalbum in die VSA.

In 2016 het haar eerste vollengte album die lig gesien.  “The Coming Dawn” en word ook internasionaal vrygestel.

Sy skop in 2016 weer `n SA-toer af waar sy by talle dorpe optree.  Een van die hoogtepunte was toe sy voor `n skare van 30 000 rugbyondersteuners kon optree by destydse Ellis Park (nou Emirates Airlines Park).

Haar optredes was egter nie die laaste hoogtepunte daardie jaar nie.  In dieselfde jaar word haar album “The Coming Dawn” oorweeg vir die 59ste Grammy Awards en wen die “Akademia Award for best Pop/Rock Album”.

Haar lied “Rivers” het die nommer 1 posisie vir talle weke gedomineer op radiostasie in Australië.

Sy spog tans met `n splinternuwe album, “Good’s Gonna Come”.  Die lied “Beauty Queen” wat ook op die album is, is `n pragtige liefdeslied met geestelike ondertone.  Hierdie lied is ook in Afrikaans vertaal.

Good’s Gonna Come

Alhoewel Merique talle trofeë gewen het, die wêreld getoer het loop sy steeds rond met `n opregte en nederige hart.

Sy het wat dit verg, en dit is nou maar eers die begin…

Volg vir Merique op sosialemedia:

Facebook

Vir meer inligting, kontak:

Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187
Cell: 082 554 8453
E-mail: [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui