`n Nuwe horison wink vir Ramey Short

`n Nuwe horison wink vir Ramey Short

Foto: Verskaf

Ramey Short, alombekend vir sy rol as Dr. Quinton Meyer in die daaglikse drama BINNELANDERS, se nuutste projek gaan aanhangers van die akteur se voete behoorlik laat jeuk van plesier.

Short stel eersdaags sy solo-album aan die wêreld bekend, maar intussen kan musiekliefhebbers hul ore spits vir die eerste enkelsnitte ‘Al wat ek kan sê’ en ‘More kom die son wee op’.

“Al die liedjies op die toekomstige album beteken iets vir my”, vertel Short oor dié nuwe produk, “Ek is baie trots op hierdie eerste enkelsnit wat vrygestel word, omdat dit die eerste liedjie is wat ek geskryf het.”


Short het ‘n spesifieke idee gehad vir die klank van die album, en het alles in sy vermoeë gedoen om dit weer te gee in sy aanbieding. “Ek sou die album beskryf as ‘n vars bries met ‘n internasionale geur,” verduidelik hy.

“Dit is ‘n voetestamp storievertelling wat gebaseer is op boustene van hoop, liefde en inspirasie, en ek glo elke liedjie bevat ‘n storie wat vertel moet word.

Hopelik gaan elke luisteraar wegstap met ‘n warm hart en ‘n opgewonde positiewe gesindheid wat hul lus vir die lewe weer gaan aanwakker, op die ritme en lirieke van my musiek.”

Die tot dusver is ‘ongetitelde album’ oor ‘n tydperk van amper twee jaar vervaardig. Alhoewel die idee vir die album reeds in 2016 in die Kaap gebore is.

Short is nie bang vir harde werk nie – nog minder om op sy eentjie te swoeg en sweet om sy drome te bewaarheid nie. “My leuse in die lewe is nie verniet ‘Face your fears and live your dreams’ nie,”

“Om ‘n album op te neem en voltyds te werk aan BINNELANDERS is ‘n uitdaging,” vertel Short, “maar al my vrye tyd het ek bestee aan die opname van hierdie projek.

Soms het dit baie moeilik gegaan om hierdie droom te verwesenlik, want ek is nie iemand wat sommer net die eerste opname van ‘n liedjie aanvaar as die beste een nie.

Ek is baie krities oor my werk, en wanneer daar kreatiewe struikelblokke was, het ek maar net aan die volgende vervaardiger se deur gaan klop. Ek het my eie geld ingespan om te verseker dat die eindproduk iets is waarmee ek nie net kan saamleef nie – maar wat my uiters opgewonde maak om dit aan die wêreld ten toon te stel.”

Short se musikale ikone sluit onder andere Bon Jovi en Bryan Adams in.

Luister uit vir ‘Al wat ek kan sê’ op radiostasies landwyd, en kyk uit vir nog meer nuus oor die album in die nabye toekoms.

Volg vir Ramey op sosialemedia:

Facebook & Instagram

Vir verdere navrae oor Ramey Short en sy opkomende album kan Tania Fourie van TF Promosies gekontak word deur ‘n e-pos te rig aan [email protected] of 072 194 2794.

Leave a Reply