fbpx
Grant-Pierre wys musiek is tydloos.

Grant-Pierre wys musiek is tydloos.

Grant-Pierre is vars uit die skool en is reeds op pad om vir die nuwe generasie te leer dat musiek tydloos kan wees.

Hierdie aantreklike liedskrywer se nuutste album is onlangs vrygestel.  Die lirieke handel oor liefde en dinge van die lewe – onderwerpe wat jy by skrywers veel ouer sal verwag.

Tydens sy kinderjare het sy ouers hom gereeld blootgestel aan goue oues soos: Don Williams, Elvis en Bles Bridges.  Reeds op die ouderdom van 12 begin sy ouers en skooljuffrou hom aanmoedig om te begin met sanglesse.

Nadat hy sy sangoudisie afgelê het, het die deur oopgebars vir Grant-Pierre.Van regstreekse uitsendings op RSG tot Musiek Roulette op SABC 2 (reeds 2 keer). 

Grant-Pierre se pa het die advertensie van Musiek Roulette raakgesien en het sy seun ingeskryf vir `n oudisie.  Lang storie, kort, was Johan Stemmet se woorde aan hom na sy sangitem: “Seun, jy gaan ‘happen.’”   En ons almal weet, Stemmet weet wat die volk wil hê.

En nou kan jy luister na sy tweede album.

Die produksie is behartig deur Riaan Steyn, `n ervare hand in die musiekbedryf.  Die klank is iets wat deur jonk en oud waardeer kan word.  Die produksie spog met pragtige verwerkings waar daar altyd `n verrassingselement erens vir jou ore wag.  Hierdie album gaan jou asem wegslaan.

Grant-Pierre het verseker die water raakgeboor. 

Volg vir Grant-Pierre op sosialemedia:

Facebook

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Epos: [email protected]

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui