fbpx
BrotherBrother – broers in musiek.

BrotherBrother – broers in musiek.

Foto Verskaf

Die musiekgroep BrotherBrother van Kaapstad sê dat musiek nog altyd in hulle bloed was.  Theunis en Roelof van der Merwe tesame met Paul Avenant is broers in musiek en ook lede van hierdie “Folk Band”.

Hulle styl word grootliks beïnvloed deur groepe soos The Lumineers, Mumford and Sons en Bon Iver.  Die klank wat hulle oplewer is vars vir die Suid-Afrikaansemark.  Die stem harmonieë wat hulle oplewer laat hul uitstaan bo talle soortgelyke groepe.

In 2016, slegs een jaar na hul eerste optrede, het hul die “Music Experience Band Competition” gewen wat hul `n optrede verseker het in die “River Republic Festival”.

Hul enkelsnitte (“Eyes for you” en “Old heart”) is reeds op die speellys van talle radiostasies geplaas.  “Eyes for you” het ook reeds sy verskyning op VIA gemaak.

Dié groep het reeds saam met ‘n rits kunstenaars gewerk.  Hierdie lys sluit in: Jack Parrow, Kaleidoskoop, Bottomless Coffee Band, Joshua na die Reën en nog talle ander.

https://open.spotify.com/artist/2A7T9TW9mm1TXQ3OmpzH40?si=GOJ84TSCQUqxwsg4DzPfnA

Indien jy meer van BrotherBrother wil uitvind, kan jy hulle volg op sosialemedia:

Die lede verwys na hulself as `n familie en tesame is hulle besig om `n goeie naam vir hulself te maak in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf. 

Facebook & Instagram

Vir besprekings kontak hul by: 082 440 6561

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui