Bob Ffole herskryf die definisie van Rock.

Bob Ffole herskryf die definisie van Rock.

Ek sal ‘n eedsverklaring aflê met my handtekening en dit beteken op elke ou wat dink hy verstaan Rock-musiek, want Rock-musiek se definisie is sopas van die musiekrol geskraap. Hierdie is dié nuwe ROCK!

Bob Ffole het sy sololoopbaan begin nadat hy vir jare die hoofsanger van die groep Trippple Bypass was, en dit nou met ‘n Afrikaanse album.

Hierdie album gaan grense verskuif en genres bymekaar bring. As ek betoogshoofde moet indien vir hierdie album, sal ek eenvoudig sê; vergeet van “sex, drugs & Rock a Roll” en kom ons argumenteer eerder iets soos “Liefde, diepte en eerlike Rock!”

‘n Album gevul met nuwe liedjies meestal deur Bob geskryf, asook van sy musiekvriende. Van gesoute Rockmusiek tot ballades soos SMAG wat sterk ondersteun word deur klavier – iets wat rookkoprockers nie (kan) wil speel nie. Dis ‘n album gevul met effens ligter Rock-kitaarwerk as waaraan jy gewoond is, met liedjies met lirieke wat dieper is as jou oppervlakkige geskree-in-die-mikrofoon, soos die oumense sou sê. Rock-liedjies, wat jy of kliphard voor duisendes kan uitbasuin op stadions of selfs saggies, laataand na kan luister voor die kaggelvuur. Lanklaas, indien wel, was daar al só diverse album vrygestel wat selfs die nie-rockers se ore sal laat spits.

Bob Ffole, Regsgeleerde van Pretoria, gaan die mark oorrompel met hierdie unieke album. Akoesties-Rock met ‘n man met ‘n boerseunstem wat (eintlik) kán sing en nie in mikrofone skree; wat liedjies sing met goedvoel lirieke. Positiewe lirieke. En lirieke wat jou laat droom. Alles so in kontras met wat jy gedink het jy weet of verstaan van Rock.

Bob Ffole is besig om die land te oorrompel met hierdie unieke album. Nie alleen nie, maar met ‘n span wat bankvas agter hom staan. Manne soos Francois van Coke, Jack Parrow, Richard van der Westhuizen (saam met wie hy ‘Ballade vir ‘n Enkeling’ ‘n splinternuwe baadjie aangetrek het) en nog vele meer gaan verskyn saam met hom hier en daar.

Ek wil sê, with predudice, dat hierdie album grense gaan skuif. Genres gaan saambring waar liefdesliedjies en Rock ‘n skikkingsooreenkoms gaan aangaan en jou hartsnare gaan pluk, nes die snare behoortlik gepluk word op hierdie album.

Bob Ffole is die nuwe naam in ROCK!

En ek appelleer as jy nie hiervan gaan hou!

Volg vir Bob Ffole op sosialemedia:
Facebook

Vir meer inligting, kontak Lydia Winchester:

Tel: 011 475 2187
Sel: 082 554 8453

E-pos: [email protected]

Leave a Reply