Tweede Engelse-enkelsnit vir Joe Foster.

Tweede Engelse-enkelsnit vir Joe Foster.

Joe Foster het geen bekendstelling nodig nie.  As sanger en liedskrywer het hy reeds talle treffers opgelewer in die Afrikaansemark. In 2015 word hy vereer met `n Ghoema-toekenning vir “Liedjie van die jaar” vir die treffer “Sal oorlog vir jou maak“. In 2016 reik hy sy debuut solo-album (Hartklank) uit wat aangewys word as “Pop-album van die jaar”.

One Body – Joe Foster

Na sy eerste Engelse-enkelsnit “Look Away” bring dié sanger `n splinternuwe lied wat beloof om nog lank op die treffersparades van radiostasies te pronk.

Sy nuwe enkelsnit “One Body” is geskryf nadat Joe op `n troue gesing het.  Die tema van die predeking wat die dominee gelewer het was hoe `n paartjie mekaar moet aankleef en emosioneel en fisies een moet word. “Die liedjie is dus die oomblik waar twee mense een word”, vertel hy.

Hierdie is een van Joe Foster se sterker liedjies. 

Sy jongste album “Volgende Stap” bevat `n versameling van Afrikaans sowel as Engelse liedjies. Hy het besluit om sy eerste enkelsnit op te volg met `n Engelse lied.

Enigeen wat al in `n liefdesverhouding was sal aanklank vind by die lied.  “Ek sal graag wil hê dat ‘One Body’ in luisteraars se are sal ingaan en dat ‘couples’ dit deel van hul intieme ‘playlist’ sal maak”, sê Joe.

Die musiekvideo vir “One Body” word binnekort vrygestel, maar Joe wil nog nie te veel van die video verklap nie.  Wees op die uitkyk hiervoor.

Joe werk reeds tussen twaalf en vyftien jaar as vervaardiger en musikant en vanjaar is sy negende jaar as Afrikaanse sanger.

Deesdae tree hy op as “life coach” en “spiritual guide” en maak tussendeur steeds musiek.

“Emosie soek altyd `n manier om uitgedruk te word en musiek en liedjieskryf is gewoonlik die eerste plek waar my emosies wil gaan om uiting te gee”, vertel hy.

Volg gerus vir Joe Foster op sosiale media:

Facebook & Instagram

Of op sy webblad:

www.joefoster.co.za

One thought on “Tweede Engelse-enkelsnit vir Joe Foster.

Leave a Reply