fbpx
Musiek 101: Wie is RISA?

Musiek 101: Wie is RISA?

RISA speel `n baie groot rol wanneer dit kom by kunstenaars se loopbane.  Alhoewel baie kunstenaars steeds nie duidelik is oor die rol van hierdie organisasie nie.  Hier volg `n kort verduideliking van wat presies hierdie RISA doen.

Wat is die rol van RISA?

RISA is `n akroniem wat staan vir “Recording Industry of South Africa”.  Die hoofdoel vir RISA is om verkope en radiotyd te monitor vir jou opnames.  Hierdie taak word vermag deur aan elke kunstenaar `n ISRC uit te reik.  Die ISRC word gebruik deur `n kunstenaar om sy/haar liedere mee te onderskei.

Wat is `n ISRC?

`n Kunstenaar sal slegs eenmaal `n ISRC kode ontvang vir beide audio sowel as video werk wat deur die kunstenaar vrygestel word.

`n ISRC lyk as volg:

ZA-K40-14-00212

Die verskillende dele word as volg verstaan:

ZA Kode van land waar die lied/video uitgereik is
K40 Die kunstenaar se unieke kode
14 Dit is die jaartal waarin die werk uitgereik is
00212 Dit is die totale hoeveelheid werke wat vir die betrokke jaartal uitgereik is.

Die gedeelte wat deur RISA verskaf word is die LANDKODE en die KUNSTENAARKODE.  Die res van die ISRC word deur die kunstenaar bepaal.  Solank jou werke met jou landkode+kunstenaarkode begin, sal RISA jou werk kan opspoor. 

Die jaartal en die totaal word deur die kunstenaar self bygevoeg.  Maak wel seker dat jy nie duplikate hiervan skep nie – dit sal jou eie boekhouding makliker maak.

Hoe registreer ek by RISA?

Om by RISA te registreer is `n eenmalige taak.  Jy kan die nodige vorms kry om te voltooi deur op hierdie skakel te klik.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui