fbpx
Nic Billington en Armand Joubert stel onverwagse enkelsnit vry.

Nic Billington en Armand Joubert stel onverwagse enkelsnit vry.

Twee van Suid-Afrika se top POP musikante het onlangs kragte saamgesnoer om ʼn lied op te lewer wat in jou ore sal interesseer.

Armand Joubert en Nic Billington se nuwe lied WISH YOU WLL vertel oor die gevare van ʼn giftige verhouding.

“Die boodskap agter die lied is dat jy ontslae moet raak van alle negatiewe dinge wat sinoniem is vir ʼn giftige en gebroke verhouding”, verduidelik Nic.

Armand verduidelik dat die lied vir homself ʼn baie persoonlike boodskap inhou: “Ek is gereed om te transformeer en oor te beweeg na die volgende hoofstuk van my lewe – een sonder giftige mense”.

Beide musikante het groot sukses in hul eie reg behaal en is baie opgewonde om hierdie onverwagse samewerking met almal te deel.

Armand verduidelik dat Nic die perfekte musiekmaat is om hierdie spesifieke lied mee op te lewer.

WISH YOU WELL is die eerste enkelsnit wat Nic in vyf jaar vrystel en hy is dankbaar om sy terugkeer te maak saam met Armand Joubert.

Kyk graag die musiekvideo hier en ondersteun hierdie twee jong oorspronklike musikante.

SOSIALE MEDIA

Nic Billington
Facebook, Instagram

Armand Joubert
Facebook, Instagram