Ontbytsake vier 1000ste episode.

Ontbytsake vier 1000ste episode.

Die gewilde ontbytprogram, ONTBYTSAKE het pas die afgelope Saterdag, 23 Oktober 2021, hulle 1000ste Episode uitgesaai!  Hierdie baie populêre program op kykNET (kanaal 144), wat daarop fokus om vir klein- en medium-sakeondernemings nasionale blootstelling te gee, is al vir die afgelope een-en-twintig-jaar ’n onmisbare deel van baie Suid-Afrikaners se naweek-oggendroetine.

Dawie Roodt (ekonoom), Leon Gropp (musikant), Eloïse Cupido (aktrise), Corli Botha (sjef) en die produksiespan agter-die-skerms het die afgelope Saterdag omtrent feesgevier in dié program wat vir die duisendste keer op kykNET uitgesaai is!  Diegene wat dit oor die naweek misloop, kan dit Dinsdag 26 Oktober en Donderdag 28 Oktober (13:00 tot 14:30) op kykNET opvang, of op kykNET & Kie (kanaal 145) op Dinsdag 26 Oktober of Donderdag 28 Oktober (11:30 tot 13:00).

Die opname en ‘n heerlike partytjie daarna is deur vorige aanbieders en bekendes soos Elma Postma, Milan Murray, Kim Cloete, Tim du Plessis, HANNON, Karin Meiring, Altus Theart, Cindy Swanepoel, Amoré Bekker en talle ander bygewoon en Dowwe Dolla het die gaste vermaak soos nét sy kan!

ONTBYTSAKE word by Stark Ateljees in Randburg verfilm, waarvandaan hulle elke week uitsaai.

SOSIALE MEDIA

Facebook 

Twitter

Webblad: www.ontbytsake.co.za