fbpx
Shoneill se PERFEKTE DROOM

Shoneill se PERFEKTE DROOM

Shoneill se splinternuwe enkelsnit, WAKKER RAAK, beskryf presies hoe sy tans oor die lewe voel – dis ‘n droom waaruit sy nie wil wakker raak nie. Dié enkelsnit is pas vrygestel en almal wat die goeie tye wil koester, sal aanklank vind herby.

Wakker Raak is gepen deur die bekroonde liedjieskrywer, Johan Oberholzer, en Shoneill het vertel dat dat juis ook háár storie vertel.

“Ek het vir Johan verduidelik dat ek op ’n stadium in my lewe is waar ek smoorverlief is op my droomman en ek het nooit gedink dat ek so gelukkig getroud kan wees nie. Johan het met daardie inspirasie Wakker Raak geskryf,” het sy vertel.

“Ek het dadelik aanklank gevind by die liedjie as gevolg van die feit dat die liedjie se woorde gepas is vir die huidige lewenspad waarop ek tans in my huwelik is,” het sy bygevoeg. Shoneill het vertel sy glo in die liefde en dat daar nog baie mense is wat nogsteeds gelukkig is.

“Ek glo Wakker Raak is ’n liedjie wat baie mense aan hul lewensmaats kan opdra,” het sy gesê. “Op die ou einde is liefde al wat saak maak.” Volgens haar hoop sy dat elke luisteraar nostalgies sal raak oor waar hulle hulself ook bevind.

“Ek wil mense aanraak deur my musiek. Soos wat gebeur het toe ’n dame een aand vir my kom vertel het dat een van my liedjies haar laat besluit het om nie van haar man te skei nie,” het sy vertel.

Musiek is reeds vanaf ’n jong ouderdom een van Shoneill se groot liefdes en haar Ma en Ouma het gereeld gesing terwyl haar Opua mondfluitjie en kitaar gespeel het.

Sy is reeds twaalf jaar in die musiekindustrie en het al verskeie enkelsnitte vrygestel.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram