fbpx
Patrizio in SA vir slegs een optrede!

Patrizio in SA vir slegs een optrede!

Patrizio Buanne bekoor gehore regoor die wêreld en het reeds die harte van Suid-Afrikaners gesteel met sy romantiese ballades. Dié Italiaanse hartebreker het bekendheid verwerf vir sy unieke stem en energieke optredes.

Patrizio kom maak eersdaags weer ʼn draai in Suid-Afrika. Indien jy sy vorige plaaslike optredes gemis het, is hierdie jou kans!

Daar word slegs een optrede tydens sy toer deur Suid-Afrika beplan, op 6 November 2019 by die Sun Arena in Pretoria.

Tydens die optrede gaan daar ʼn opname gemaak word van Patrizio se grootste treffers, asook sy splinternuwe Kersfees liedjies.

Kaartjies is reeds beskikbaar by Computicket of Shoprite en Checkers winkels landswyd.

Hierdie is een konsert wat jy nie wil misloop nie!

PS! Hou Plectrum se FB blad dop om ʼn stel dubbelkaartjies te wen.

Maak 'n opvolg-bydrae

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui