fbpx
Plectrum Top 40 – Week 17

Plectrum Top 40 – Week 17

Hierdie week op die Plectrum Top 40, Vandiét klim al die pad na No 1 met haar nuutste enkelsnit WAAR EK LEER. Cheralee se AS MÔRE KOM sak een posisie terug na No 2, na die liedjie vierde nieopeenvolgende weke op No 1 gespandeer het.

Len Muller se Hartklop klim op na No 3. Riaan Grobler het twee treffers wat hul debuut op die trefferlys maak, VAT HOM VAS op No 4 en LIEFDESHARTAANVAL saam met Jennifer Zamudio op No 6. Op No 5 is Kaleidoskoop se VLUGVOETIG.

Rudi Claase se MANNA maak sy debuut op No 7. Irene-Louise van Wyk en Liezel Pieters se VROU  kuier op No 8. Bottomless Coffee Band se EK WOU NOG is een posisie hoër op No 9. Adam voltooi die Top 10 hierdie week met hul treffer LIEFDE IS.

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • SESDE SINTUIG van Gerduan Kemp op No 21
  • COLLIDE van Pierre Nel op No 31
  • JY IS LIG van Henri Alant op No 32
  • BOOMBOX van Theo Nel (feat Vincent Gordon) op No 34
  • WEIER van Die Melktert Kommissie op No 38
  • WE’LL BE OKAY van Wikus Botma op No 40

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 179 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 179 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 320 572
  • Die totale nuwe kyke van die 179 liedjies hierdie week was 14 958 waarvan 11 998 behoort aan die liedjies in die Top 40.