fbpx
Cheralee – AS MÔRE KOM is dit dalk te laat

Cheralee – AS MÔRE KOM is dit dalk te laat

Cheralee AS MÔRE KOM

AS MÔRE KOM is die nuutste lied van sangeres Cheralee. “Die lewe is kort en die dag van môre is nié verseker nié.”

“Ek wil dié les met alle paartjies deel en hulle herinner om mekaar elke dag te koester asof môre nie gaan kom nie,” verduidelik sy.

CheraLee se debuutvrystelling, SO VERKEERD, gedurende April 2020, kan steeds op radiogolwe landwyd gehoor word en dié liedjie se musiekvideo verskyn ook op kykNET.

AS MÔRE KOM is die nuutste lied van sangeres Cheralee. “Die lewe is kort en die dag van môre is nié verseker nié.”

Dít is die boodskap wat CheraLee in haar splinternuwe enkelsnit, AS MÔRE KOM, wil oordra. Dié rockliedjie en sy musiekvideo is pas vrygestel en herinner die luisteraar daaraan dat ’n mens elke dag voluit moet lewe.

“Ek en my man het vroeg in ons verhouding ’n uitval gehad wat ons baie omgekrap het. Ek het my pa en stiefma genader vir raad oor hoe om dié situasie te red. Beide van hulle het hul vorige lewensmaats aan die dood afgestaan en die boodskap aan ons was om mekaar met respek te hanteer en elke dag ons liefde aan mekaar te wys,” vertel CheraLee.

“Hulle het baie ernstig met ons gesels en gevra dat ons moet seker maak dat ons nie oor klein goed baklei nie, maar mekaar eerder elke dag te koester, want die lewe is baie kort,” het sy gesê.

Volgens CheraLee het dié raad by haar vasgesteek en haar geïnspireer om AS MÔRE KOM te skryf.

“Ek wil dié les met alle paartjies deel en hulle herinner om mekaar elke dag te koester asof môre nie gaan kom nie,” verduidelik sy.

Die publiek sal aanklank vind by die merkwaardige boodskap wat op ’n ligte noot oorgedra word. As Môre Kom is perfek vir die dansvloer om as ontvlugting te dien en mense vir ’n rukkie in ’n ligte luim te plaas.

AS MÔRE KOM se musiekvideo is ’n optrede deur CheraLee met ’n storielyn van twee geliefdes wat ingesluit word. Een van die geliefdes word vertrolk deur Xavier Saer, ‘n bekroonde fotograaf en liedjieskrywer.

“Ek hoop ek kan sommer binnekort ’n nasionale toer saam met my orkes doen, sodat ek al my oorspronklike liedjies regoor die land kan deel. Maar, tot dít moontlik is, wil ek soveel nuwe musiek probeer skryf en vrystel om luisteraars op te hef en te inspireer,” het sy vertel.

CheraLee se debuutvrystelling, SO VERKEERD, gedurende April 2020, kan steeds op radiogolwe landwyd gehoor word en dié liedjie se musiekvideo verskyn ook op kykNET.

“Ek kom uit ’n musikale familie met my Pa wat my baie ondersteun en gemotiveer het. Na bykans twintig jaar se betrokkenheid in die musiekindustrie se agtergrond, het ek in 2017 vir die eerste keer ’n kitaar opgetel en die besluit geneem om ’n sololoopbaan aan te pak,” het sy vertel.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Cheralee stel debuutenkelsnit vry