fbpx
Adam se Hugo verras bruid met lied: PA SE HAND

Adam se Hugo verras bruid met lied: PA SE HAND

Die stigterslid van ADAM, Hugo Ludik het eindelik die knoop deurgehaak met sy pragtige Danieka op 16 April by ‘n spog troue vir naaste familie en vriende.  Tydens hierdie geleentheid het Hugo sy bruid verras met ‘n liedjie wat hy spesiaal vir haar geskryf het, PA SE HAND.

Die groep het besluit om nie die lied regstreeks op te voer nie en Danieka het hierdie lied vir die eerste keer gehoor toe hul as paartjie die dansvloer open. Alhoewel hulle saam op ‘n ander liedjie besluit het waarmee hulle die dansvloer sou open het hulle nooit geoefen nie want Danieka is nie dol oor dans nie.  Hugo het dié lied vervang met die nuwe liedjie en sy het dit gladnie verwag nie. Dit was ‘n baie spesiale, emosionele oomblik vir Hugo en Danieka. Hugo se Ma, Susan Ludik, het die lied se lirieke op servette laat druk en aan elke gas gegee om huistoe te neem.  

Sy het absoluut niks vermoed nie! Ons was albei oorweldig deur die emosies en dit het so mooi uitgedraai, sy love die song! Sy het dit al ‘n paar honderd keer geluister,” skerts hy.

“Pa se hand het ontstaan as die hoof-klavier lyn wat ek al n geruime tyd gehad het. Ek speel dit al vir meer as n jaar en het altyd gedink ek sal op n stadium n liedjie met dit skryf,” sê Hugo Ludik.

Ons het die idee gekry om ‘n liedjie te skryf wat gaan oor daai laaste “wag” voor die kansel. Die wag vir jou bruid om in die paadjie af te stap. Dit is die simboliek van meeste troues: die pa “gee” sy dogter oor vir die man – dit is die “laaste loop” en daarna word die man en vrou een. Virewig saam verbind. Die lirieke vertel van alles wat in my hart aangaan as ek dink oor hoe ek vir my bruid wag aan die einde van die paadjie.” vertel Hugo.

ADAM (Hugo Ludik, Kyle Grant en Christoff de Beer) se splinternuwe enkelsnit volg op die weghol sukses van hul vorige snit, Liefde Is, wat steeds op radiostasies landwyd gehoor kan word.

SOSIALE MEDIA SKAKELS:

Facebook, Twitter

Web: www.adamband.co.za

LEES MEER

ADAM is terug met ‘n nuwe enkelsnit en groeplid.