fbpx
Plectrum Top 40 – Week 20

Plectrum Top 40 – Week 20

Hierdie week op die Plectrum Top 40, spandeer Joshua Na Die Reën & Nathan Smith se duo enkelsnit, FOR A LITTLE WHILE hul tweede week op No 1. Cezanne Yzelle klim na haar hoogste posisie nog met IN JOU ARMS SLAAP wat al die pad na No 2 klim.

Len Muller se HARTKLOP is op No 3. EK WOU NOG van Bottomless Coffee Band klim weer terug in die Top 4 na die liedjie verlede week op No 12 was. Kaleidoskoop se VLUGVOETIG, behou hul posisie op No 5. LIEFDESHARTAANVAL van Riaan Grobler saam met Jennifer Zamudio is op No 6 vir die vierde opeenvolgende week. VAT HOM VAS van Riaan Grobler is op No 7.

AS MÔRE KOM van Cheralee is op No 8. PA SE HAND van Adam sak terug na No 9 vanaf No 3. Die Top 10 word voltooi deur VANUIT DIE WOLK van Joshua Na Die Reën vir die tweede week opeenvolgende week.

Nuwe liedjies op die Plectrum Top 40:

  • LUGBALLON van Jako Meyer op No 33

Liedjies wat weer verskyn op die Plectrum Top 40:

  • VELDBRAND van Theo Nel op No 34
  • RIGTINGLOOS vanVan Reg en Rede op No 35
  • LAAT DIE LIEFDE LEEF van Sky Ocean (feat. Reynardt Hugo)

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 187 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 187 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 1 374 902
  • Die totale nuwe kyke van die 187 liedjies hierdie week was 15 532 waarvan 12 119 behoort aan die liedjies in die Top 40.