fbpx
The New Creation Co. inspireer met KONING VAN DIE NASIES

The New Creation Co. inspireer met KONING VAN DIE NASIES

The New Creation Co. is ‘n lof-en aanbiddingsgroep van die Noordelike voorstede in Kaapstad. Hul hart is om die naam van die Here groot te maak deur mense te lei tot ‘n bewusmaking van Sy hart deur musiek.

Hul nuwe enkelsnit KONING VAN DIE NASIES was in April die jaar vrygestel. Die lied is geskryf deur Philip en Marsanne Malan en die storie is ‘n interessante een: “Ons het dit een aand in Februarie begin skryf en ‘n week later klaargemaak. Die volgende week was die lied opgeneem en nog ‘n week later was die eindproduk in ons hande. Ons wou nie te ‘picky’ te wees nie, maar wou net ons hart volg en die musiek daarbuite kry.”

KONING VAN DIE NASIES het ontstaan na gelowiges weer bymekaar kon kom na die Feesgety se beperkings op kerkdienste. “Mens besef skielik hoe baie mens dit mis en nodig het om saam met ander gelowiges die Here te aanbid. Veral as dit vir ‘n tyd van jou weggeneem is”, vertel die groep oor die inspirasie agter die enkelsnit.

“Daar is iets uniek en spesiaal wanneer ‘n groep mense bymekaarkom in eenheid met een hart en begeerte – om Sy aangesig te soek. Ons bid dat jy geseënd en bemoedig sal wees terwyl jy na die lied luister”.

Die groep het in Junie 2019 hul debuutalbum, BE EXALTED vrygestel, wat reeds aanklank gevind het by luisteraars en radiostasies regoor die land.

SOSIALEMEDIASKAKELS:
Facebook, YouTube