fbpx
Plectrum Top 40 – Week 6

Plectrum Top 40 – Week 6

Hier is hoe dinge staan vir die Plectrum Top 40 Week 6. LAAT DIT REËN van Rayne spandeer sy vyfde week op  No 1, met die meeste kyke nog in een week vir die liedjie. Len Muller se HARTKLOP bereik sy hoogste posisie nog op No 2, die liedjie se vorige piek was No 3. GENOEG IS GENOEG van Eugene Nel maak sy intrede tot die Top 40 op No 3.

Legkaart wat verlede week ‘n oplewing beleef het met WENTELBAAN behou sy posisie op No 4. Johan Anker se SOLDAAT is op No 5. NOG ‘N KANS van Alida is terug in die Top 10 op No 6, na die liedjie verlede week op No 16 was. VLUGVOETIG van Kaleidoskoop is op No 7.

Len Muller beklee beide No 8 en No 9 met HEILDRONK en TOEVLUG. SOMERKERSFEES van Wilhelm Lichtenberg voltooi die Top 10 hierdie week.

Liedjies wat hul debuut maak op die Plectrum Top 40 Week 6:

  • EENDAG AS ONS GROOT Is van Thys Bruwer op No 18
  • ONBEPLAN van JP White op No 22
  • VERDIENSTE EN GENADE van Stefan Jansen op No 28
  • MAN OP DIE MAAN van GNT op No 40

Interessante statistieke van die Plectrum Top 40 hierdie week:

  • ‘n Totaal van 140 liedjies het hierdie week gekompeteer vir ‘n plek in die Top 40.
  • Al 140 liedjies het ‘n gekombineerde kyke van 992 862
  • Die totale nuwe kyke van die 140 liedjies hierdie week was 25 606 waarvan 22 903 behoort aan die liedjies in die Top 40.

Die Plectrum Top 40 se data word voorberei en verwerk deur Reputasie. Besoek gerus hul webblad vir meer trefferparades.

Die Plectrum Top 40 is SA se grootste trefferparade eksklusief vir onafhanklike kunstenaars. Ons sit jou ore aan.

SOSIALE MEDIA

Facebook, Instagram

LEES MEER

Plectrum Top 40