fbpx
ROSE – Henri Alant

ROSE – Henri Alant

henri alant rose

ROSE is die derde vrystelling in ‘n reeks vrystellings vanaf Henri Alant se langverwagte opkomende album, JY IS LIG, wat beloof om in 2021 bekendgestel te word.

Groot dinge word vir hierdie enkelsnit en album voorspel waarvan die produksie deur die gesoute vervaardiger Christie Schutte hanteer word.

Na reeds 2 suksesvolle liedjies DAAR’S `N REDE asook JY IS LIG wat in 2020 vrygestel is en talle Nommer 1 posisies losgeslaan het, wou Henri ROSE uitbring om te kyk of mense regtig sy siel kan verstaan deur sy musiek.

Henri Alant staan vir seker uit as energiek, optimisties en altyd positief, maak nie saak deur watse skaduwees hy beweeg nie, daar sal altyd lig aan die einde van die tonnel wees, asook ‘n boodskap van hoop om uit te dra na buite. Henri noem “al verander hy net een luisteraar se lewe, sal sy loopbaan volmaak wees”.

Dié Afrikaanse popliedjie, ROSE, wat pas vrygestel is, is geskryf deur Henri Alant en getoonset deur Pedre Lamprecht. Dit is vervaardig deur Christie Schutte en handel oor ’n liefdesboodskap aan sy Ma en alle Ma’s daarbuite, of hulle nog saam ons is of nie. Afrikaanse Kunstenaar en Liedjie skrywer Henri Alant het vir 4 jaar lank aan die konsep van ROSE vasgehou en kon nie die woorde klaarmaak nie.

“My ma het aan ons kinders gesê sy het moontlik COVID onderlede en het gegaan om getoets te word”. Die 4 kinders het nie geweet of hulle links of regs moes gaan nie want hulle het hulle ma 5 jaar terug amper verloor as gevolg van Salmonella. GOD het haar gespaar vir hulle en daarvoor is hulle almal baie dankbaar.

Henri Alant was in die proses om ROSE se melodie klaar te bou en gereed te kry vir opname, al wat gekort het was die lirieke. “Die koor gedeelte was 4 jaar terug al geskryf maar die versies wou nie saamwerk nie,” vertel hy.

Nadat Henri die goeie nuus ontvang het dat sy ma negatief getoets het vir COVID-19 het hy vir God dankie gesê. Hierna het die lirieke gevloei soos water deur hom. Henri glo God het die boodskap vir hom neergelê, en hy moes dit net sing. Binne 5 minute was ROSE klaar geskryf en perfek in woorde omgesit om die boodskap mooi, sag en duidelik oor te dra. Die musiekvideo vir die liedjie word beplan om op 27 Februarie 2021 vrygestel te word, meer as dit is hy nie nou reg om te verklap nie.

ROSE is die derde vrystelling in ‘n reeks vrystellings vanaf Henri se langverwagte opkomende album, JY IS LIG, wat beloof om in 2021 bekendgestel te word. Groot dinge word vir hierdie enkelsnit en album voorspel waarvan die produksie deur die gesoute vervaardiger Christie Schutte hanteer word.

Sy toekoms lyk opgewonde en belowend, wat gepaardgaan met nuwe hoogtes en deure wat oopgaan. “Ek is reeds besig om te beplan aan my volgende enkelsnit waar ek weer sal terugkeer na wie ek as sanger voor bekend is, my bekende engergieke pop aanslag melodië en lirieke asook ’n beplande album toer en verskeie vertonings.

Daar is nie altyd woorde om die liefde en waardering vir ‘n ma vas te vang en aan haar oor te dra nie, daarom die liedjie ROSE. Ma’s verteenwoordig sag en liefdevolle karaktereienskappe, maak nie saak wat haar agtergrond is nie. “Eer jou moeder met Rose of enige ander blomsoort waarvan sy hou terwyl sy nog lewe”.

Na reeds 2 suksesvolle liedjies DAAR’S `N REDE asook JY IS LIG wat in 2020 vrygestel is en talle Nommer 1 posisies losgeslaan het, wou Henri ROSE uitbring om te kyk of mense regtig sy siel kan verstaan deur sy musiek. Mag familie oorloë oorwin word met die liedjie, mag ons, ons Ma’s “vereer” en as jou ma nie meer met ons is nie mag haar gees en liefde deur jou vloei met die liedjie op haar Verjaarsdag, op Kersdag of selfs net op ‘n normale dag waneer jy aan haar dink.

SOSIALE MEDIA

Facebook

LEES MEER

Onthou JY IS LIG in donker tye sing Henri Alant